Kleinplaas Vakansieoord
Oudtshoorn Akkommodasie
Kleinplaas Vakansieoord is in Oudtshoorn in die Klein Karoo van Suid Afrika.
Die oord bied bekostigbare verblyf vir van individuele persone tot families en groepe. Akkommodasie wissel van 3 ster selfsorg akkommodasie, Bed en Ontbyt tot 4 ster karavaanstaanplekke. Kleinplaas bied ook ‘n silwerskoon swembad en speelterrein en konferensiegeriewe met restaurant.
Selfsorg Akkommodasie in Oudtshoorn
Kleinplaas Vakansieoord in Oudtshoorn bied selfsorg akkommodasie in verskeie chalets. Al die chalets is goed toegerus en linne en bad handdoeke word verskaf.
Veilige parkering en braaigeriewe is by elke chalet.
Kampeerstaanplekke in Oudtshoorn
Ekstra groot afgemerkte kampeerstaanplekke met 20 amp elektriese kragpunte is beskikbaar. Kleinplaas Vakansieoord in Oudtshoorn bied staanplekke op goedversorgde gras en baie skaduryke Kareebome. Daar is gemeenskaplke braaigeriewe en ook silwerskoon ablusieblokke en ‘n wassery.
Akkommodasie Uitleg – Oornag Chalets:
- 2 Bed chalets – baie bekostigbaar, Stort en toilet, Onderdak parkering, Linne en Bad handdoeke, gediens elke dag, nie toegerus vir selfsorg.
– slegs tee en koffie fasiliteite.
- 4 bed – Standaard Oopplan Chalets:
4 Enkel beddens, Badkamer met stort en bad, Lugverkoeling, DSTV, Dakwaaiers, Toegeruste kombuisie vir selfsorg, onderdak parkering, Linne en bad handdoeke, gediens elke dag.
Akkommodasie Uitleg:
- 4 Bed Luukse Oopplan Chalets:
3 Enkel beddens en enkel slaapbank, Privaat braaiarea, Lugverkoeling, Toegeruste kombuis vir selfsorg, Badkamer met stort in die bad, DSTV, Onderdak parkering, Linne en bad handdoeke, gediens elke dag. - 5 Bed – 1 Slaapkamer Chalets:
Ideaal vir families, 1 slaapkamer met dubbelbed, 1 enkel bed en slaapbank vir 2 persone in sitkamer, Kombuis met stoof, yskas, badkamer met stort en bad, dakwaaier, privaat braaiarea, onderdaak parkering, DSTV, linne en bad handdoeke, gediens elke dag - 6 Bed – 2 Slaapkamer Chalets:
Ideaal vir families, 1 slaapkamer met dubbelbed, 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens, sitkamer met slaapbank, kombuis met stoof, en yskas, privaat braaiarea, onderdak parkering, DSTV, linne en bad handdoeke, gediens elke dag.
Karavaanpark:
- 4 Ster gradering – SATOUR
- Groot staanplekke op gras
- Baie bome vir skaduwee
- Alle staanplekke het kragpunte
- Sentrale braaiarea
- Luukse ablusieblok