Kleinplaas Vakansieoord Oudtshoorn

Akkommodasie in Oudtshoorn

Kleinplaas Vakansieoord is gelee in Oudtshoorn, in die Klein Karoo van Suid-Afrika. Die oord bied bekostigbare verblyf aan individue en groepe wat Oudtshoorn besoek. Verskeie akkommodasie opsies wat insluit 3 ster selfsorg en bed en ontbyt asook 4 ster karavaan en kampeer staanplekke is beskikbaar. Kleinplaas Vakansieoord bied ook ‘n swembad, speelarea en ‘n volledig toegeruste konferensiesentrum met ‘n restaurant wat voorsiening maak vir groepe, funksies en onthale.

Selfsorg Akkommodasie in Oudtshoorn

Kleinplaas Vakansieoord in Oudtshoorn bied selfsorgverblyf in ‘n aantal eenhede. Alle selfsorg eenhede is gerieflik gemeubileer en smaakvol versier. Linne en badhanddoeke word voorsien. Veilige parkeerplek en braaigeriewe is by elke eenheid beskikbaar.

Karavaanpark in Oudtshoorn

Die 4-ster karavaanpark by Kleinplaas in Oudtshoorn maak voorsiening vir beide karavaan- en kampeer-entoesiaste. Alle staanplekke het 20 amp elektriese punte. Daar is ‘n sentrale braai-area, gemeenskaplike swembad asook wasgoedgeriewe. Die ablusiegeriewe is skoon en netjies met beide storte en baddens.

Verblyf Opsies by Kleinplaas in Oudtshoorn

Die verblyfopsies by Kleinplaas in Oudtshoorn is ideaal vir sakereisigers, gesinne en groepe.

• En suite-kamers (slaapplek vir 2)
• Standaard oopplan eenheded (Slaapplek vir 4)
• Luukse oopplan eenhede (Slaapplek vir 4)
• 1 Slaapkamer eenhede (Slaapplek vir 5)
• Eenhede met 2 slaapkamers (Slaapplek vir 6)
• Kampeerplekke in karavaanpark

Vir meer inligting en tariewe besoek die > Kleinplaas< webwerf.

 

Hierdie lysting is ook beskikbaar op die Lalakoi Directory

 

Verwysingsnommer: 0695

Naam: Kleinplaas Vakansieoord

Dorp: Oudtshoorn

Tipe Akkommodasie: Kampering en Selfsorg

Uitsig: Berg en Tuin

Tarief: Kontak ons asseblief vir ‘n kwotasie

Kontak by:

Tel No: 044 272 5811

Doen navraag per epos