Gastehuis Akkommodasie in Knysna
Adams Gastehuis in Knysna
Adams Gastehuis is geleë in die gewilde kusdorp van Knysna. Die gastehuis is naby die winkels, restaurante, waterfront en baie van die aktiwiteite van Knysna geleë. Die akkommodasie is dus uiters geskik vir sakemanne en reisigers, sowel as vakansiegangers.
Gastehuis Akkommodasie in Knysna
Adams Gastehuis in Knysna bied gerieflike akkommodasie in ‘n stil en veilige area met al die fasiliteite om jou verblyf aangenaam te maak.
Al die kamers is en-suite en toegerus met tee en koffiefasiliteite en Kleur Televisie. Van die kamers het privaat ingange wat gaste meer privaatheid bied.
Gastehuis met Swembad in Knysna
Gaste van Adams Gastehuis is welkom om gebruik te maak van die swembad en daar is ook braaigeriewe beskikbaar. ‘n Gaste sitkamer met DSTV is ook beskikbaar.
Adams gastehuis is toegerus met die volgende:
- Gaste sitkamer met DSTV
- Swembad
- Braaiarea
- Wi- fi
- Veilige parkering
- Koffie en teefasiliteite
- Kleur TV’s in kamers
- Mikrogolfoond
- Kroegyskas
12 Kamers en-suite – kan meer as 30 persone akkommodeer.
Opsies:
- Dubbelkamers: 1 x Dubbelbed
- “Twin” kamers: 2 x Enkelbeddens
- Familiekamers: 1 x Dubbelbed + 1 x Enkelbed
Tariewe vir 2020:
Buite Seisoen:
• R400 vir 2 persone / R300 per enkel persoon / R200 per ekstra persoon
In Seisoen: (Des/Jan, Paasnaweek, Oesterfees.)
• R500 vir 2 persone / R500 per enkel persoon/ R250 per ekstra persoon
Ons tariewe sluit nie ontbyt in nie. Gaste het die keuse van ‘n vol Engelse ontbyt vir R60 per persoon.