Gastehuis Akkommodasie in Knysna

Adams Gastehuis in Knysna

Adams Gastehuis is geleë in die gewilde kusdorp van Knysna. Die gastehuis is naby die winkels, restaurante, waterfront en baie van die aktiwiteite van Knysna geleë. Die akkommodasie is dus uiters geskik vir sakemanne en reisigers, sowel as vakansiegangers.

Gastehuis Akkommodasie in Knysna

Adams Gastehuis in Knysna bied gerieflike akkommodasie in ‘n stil en veilige area met al die fasiliteite om jou verblyf aangenaam te maak.

Al die kamers is en-suite en toegerus met tee en koffiefasiliteite en Kleur Televisie. Van die kamers het privaat ingange wat gaste meer privaatheid bied.

Gastehuis met Swembad in Knysna

Gaste van Adams Gastehuis is welkom om gebruik te maak van die swembad en daar is ook braaigeriewe beskikbaar. ‘n Gaste sitkamer met DSTV is ook beskikbaar.

Verwysingsnommer: 0716

Naam: Adams Gastehuis

Dorp: Knysna

Tipe Akkommodasie: B+B en Gastehuis

Uitsig: Strandmeer

Tariewe vanaf R225 per persoon wat deel per nag.

Kontak by:

Tel No: 044 382 1373
Sel No: 082 898 8720
Adres: Dikkop Straat 22b, Knysna

Doen navraag per epos

Adams gastehuis is toegerus met die volgende:

  • Gaste sitkamer met DSTV
  • Swembad
  • Braaiarea
  • Wi- fi
  • Veilige parkering
  • Koffie en teefasiliteite
  • Kleur TV’s in kamers
  • Mikrogolfoond
  • Kroegyskas

12 Kamers en-suite – kan meer as 30 persone akkommodeer.

Opsies:

  • Dubbelkamers: 1 x Dubbelbed
  • “Twin” kamers: 2 x Enkelbeddens
  • Familiekamers: 1 x Dubbelbed + 1 x Enkelbed

Tariewe vir 2026:

Buite Seisoen:

• R450 vir 2 persone / R450 per enkel persoon / R225 per ekstra persoon

In Seisoen: (Des/Jan, Paasnaweek, Oesterfees.)

•  R650 vir 2 persone / R650 per enkel persoon/ R325 per ekstra persoon