Eden Country Inn

Akkommodasie in Klein Brakrivier naby Mosselbaai

Die Eden Country Inn is geleë net buite die kusdorpie Klein Brakriver, en lê noord van die snelweg tussen Mosselbaai en George. Hierdie is die ideale basis vir beide sakelui en toeriste wat die populêre streek wil verken. Die Eden Country Inn bied gerieflike hotel akkommodasie in ‘n rustige landelike atmosfeer.

Akkommodasie in Klein Brakriver

Die Eden Country Inn in Klein Brakrivier bied akkomodasie in 20 en-suite kamers. Die en-suite kamers is beskikbaar in enkel of dubbel en kyk uit oor die lieflike tuin en swembadarea. Die kamers tee en koffie maak fasiliteite en een van die kamers bied ook ‘n mini kombuisie. Elke kamer het ‘n kleur televisie met SABC kanale asook ‘n fliek en sport kanaal.

Konferensie en Huweliksonthaal Fasiliteite in Klein Brakrivier

Gaste kan in die dameskroeg ontspan met ‘n drankie. Die gelisensieerde restaurant bied ‘n al la Carte spyskaart. Die restaurant is popular vir Sondag middagetes. Daar is ook ‘n TV sitkamer en biertuin. Die Eden Country Inn bied ook formele en informele konferesiefasiliteite vir tot 80 konferensiegangers en tot 120 huweliksgaste. Op die perseël is ook ‘n Superettte en Drankwinkel.

Verwysingsnommer: 0882

Naam: Eden Country Inn

Dorp: Klein Brak-Rivier

Tipe Akkommodasie: Hotel

Uitsig: Tuin

Kapasiteit: 42

Tariewe: Vanaf R240.00 Per Person wat deel – Sien tariewe onderaan die bladsy

Afstand see toe: 1500 meter

Kontak by:

Tel/faks No: +27 (0) 44 696 6262 of + 27 (0) 44 696 6474
Adres: Old Georgeweg, Klein Brak-Rivier

Doen navraag per epos

Fasiliteite by die Eden Country Inn:
• Swembad
• Koffie en tee fasiliteite
• Kleur televisies
• Veilige parkering op die perseël
• Gereserveerde rookareas
• Braai fasiliteite
• Restaurant
• Kroeg
• Mini Casino

Akkommodasie is beskikbaar in:

  • 20 en-suite kamers met storte
  • 5 selfsorg 2 slaapkamer eenhede – slaap 4 persone elk

Eden Country Inn Akkommodasie tariewe vir 2017

  • Dubbel kamers vanaf R240 tot R290 per person wat deel