Vakansiewoonstel te huur in Fraaiuitsig, Klein-Brakrivier
2 Slaapkamer Woonstel te Huur in Fraaiuitsig
Vakansie akkommodasie word aangebied by hierdie grondvloer woonstel in Reebok, Klein Brak Rivier. Dis omtrent 2.4 km van die swemstrand af by Klein Brak Riviermond. Die plaaslike inkopiesentrum van Fraaiuitsig is naby.
Daar is ‘n Vulstasie, Spar, DVD Winkel, Apteek, Wassery ens.
Die woonstel het 2 dubbel slaapkamers, een badkamer met ‘n stort, sitkamer en kombuis. Huurders word versoek om hul eie handdoeke te bring asook eie dekodeerder vir DSTV.
‘n Klein hondjie sal toegelaat word en u word versoek om slegs buite te rook. Die woonstel het sy eie ingang en is ten volle omhein.
