3 Slaapkamer Vakansieakkommodasie te huur in George
3 Slaapkamer Woonhuis met swembad in Heatherlands George
Hierdie netjiese 3 Slaapkamer Woonhuis met ‘n swembad word te huur aangebied in Heatherlands, George. Hierdie woning is geleë in ‘n rustige woonbuurt.
Die huis is toegerus met ‘n swembad met veiligheidsnet asook ‘n buite braai.
Die huis is aan die buitewyke van die dorp en grens aan die plantasies en Outeniquaberge.
Die ideale woonhuis om by te kom rus en die Tuinroete van te verken.