George Country Resort
Akkommodasie by die George Country Resort
Die George Country Resort bied akkommodasie vir besigheidsreisigers, vakansiegangers, toeriste en groepe. Ontspan in die landelike atmosfeer van hierdie oord, binne maklike bereik van die sakekern, plaaslike strande en omliggende dorpe in die Tuinroete. Verblyf is beskikbaar in oornagkamers, selfsorg eenhede, “backpackers” en woonwapark. Die geriewe by die oord sluit ‘n swembad, trampolien en speelarea vir kinders in.
Oornagkamers in George
Daar is 24 nuwe oornagkamers by die George Country Resort. Hierdie kamers bied slaapplek vir 2 persone elk. Kenmerke sluit in: 2 enkelbeddens, werkstasie, ketel, privaat badkamer met stort, beddegoed en handdoeke word voorsien, gratis vesel-internet(Fiber) en slim-TV.
George Country Resort Selfsorg Verblyf
Die George Country Resort bied 20 gemaklike selfsorg eenhede met 2 slaapkamers, ‘n oopplan leefarea/kombuis en ‘n privaat dek met braai geriewe. Hierdie eenhede bied slaapplek vir tot 6 persone elk. ‘n Bykomende 6 ruim eenhede met oopplan slaap,leef en kombuis ares met ‘n privaat dek met braai geriewe bied slaapplek vir 3 tot 4 persone elk.
Alle eenhede het hul eie badkamers en volledig toegeruste kombuise en kleur televisie
(Openview). Die kombuise in al die chalets is toegerus met ‘n yskas/vrieskas, tweeplaatstoof, mikrogolfoond, broodrooster, ketel, eetgerei, breekware, potte en panne. Braaigeroosters word voorsien, asook tafel en stoele op die dekarea. Beddegoed en handdoeke word ook voorsien.
Kampeerplekke in George
Die karavaanpark by die George Country Resort bied 126 skaduryke kampeerplekke, almal op gras en met kragpunte. Gemeenskaplike ablusie-, opwaskamer- en wasgeriewe is beskikbaar. ‘n Bykomende 16 privaat blokke met ‘n eie badkamer, ‘n klein kombuisie met wasbak en kaste, elektrisiteit, grasperk met sementblad en ‘n wasgoedlyn is ook beskikbaar. Karavane,”campers” en tente is welkom!
Selfsorg Backpackers Akkommodasie in George
Selfsorg Backpackers Akkommodasie is beskikbaar in 4 eenhede. Die slaapsale bestaan uit 8 enkelbeddens, ‘n kas en ‘n elektrisiteitsaansluiting. Gemeenskaplike ablusiegeriewe is beskikbaar. Elke slaapsaal het sy eie kombuis met ‘n yskas, stoof, ketel, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Beddegoed kan teen ‘n ekstra koste voorsien word.
• Geen Honde
• Krediet Kaarte Welkom
• Pensioenarisafslag Beskikbaar
Vir meer inligting en tariewe besoek die > George Country Resort< webwerf.