Ferry View
Malagas Akkommodasie
Die Ferry View is in die pragtige tuin van die Malagas Hotel aan die oewer van die Breederivier naby Swellendam geleë. Twee selfsorg-eenhede bied gerieflike en bekostigbare akkommodasie. Hier kan u ontspan en die rustige atmosfeer geniet met ‘n fantastiese uitsig oor die rivier. Die minimum bespreking is 2 nagte
Malagas Selfsorg Verblyf
Die twee bekostigbare selfsorg eenhede (1 bo en 1 onder) in die Ferry View bied familievriendelike verblyf vir maksimum 4 volwassenes en 6 kinders elk.
Elke eenheid bestaan uit die volgende:
• Oopplan-leefarea en kombuis wat lei na die dekarea wat uitkyk oor die rivier. (TV, mikrogolfoond, yskas / vrieskas, broodrooster, ketel, stoof, eetgerei en breekware)
• 2 slaapkamers elk met 1 koningingrootte-bed, 1 enkelbed en 2 stapelbeddens.
Haardroër, handdoeke, beddegoed, stort, wasbak en toilet
Braaigeriewe is beskikbaar op die gras agter die Ferry View.
Ferry View en Malagas Hotel Geriewe en aktiwiteite
Gaste kan ontspan en die fantastiese omgewing en veilige buitelugaktiwiteite geniet. Dit sluit in visvang, huur van kano’s en die waterfiets (pedaalboot) asook daaglikse “River Cruises”. (afhanklik van die weer). Kinders geniet die trampolines, boomswaaie en gimnasium. Die swembad en rivier is ideaal vir swem. Gaste wat in die Ferry View-selfsorgverblyf tuisgaan, is welkom om van die hotelgeriewe en die restaurant gebruik te maak.
Hotelgeriewe sluit in:
• Swembad
• Trampolines
• Vlugbal
• Motorbote, paddleboot en kano’s te huur
• Kroeg en restaurant
• Pool tafel
Restaurant
-Ontbyt 7:30 tot 9:00
-Kroeg-middagete en peuselhappies-menu 12:30 tot 14:00
-Aandete 19:00 tot 20:00 (besprekings noodsaaklik)
Doen asseblief navraag vir tariewe.









