Breederivier Huisbote

Die Breederivier Huisbote is by Malagas naby Swellendam in die Weskaap. Die huisbote bied ‘n unieke geleentheid – verblyf op die Breederiver! Dis ideaal vir ‘n wegbreek of vakansie. Die huisbote is stewig, veilig en maklik om te bestuur en is toegerus met al die geriewe wat jy benodig vir ‘n ontspanne vakansie op die water.

Huisbote in Suid Afrika

Die Breederivier is een van die grootste bevaarbare riviere in Suid Afrika. Vanaf Malagas kan jy ongeveer 30 km met een van die huisbote vaar na die riviermonding en ongeveer 10 km stroomop. Die rivier lê 55 km stroomop van die mond en daar is ‘n paar sandbanke wat jy in ag moet neem as jy in die bote vaar.

Selfsorg Vakansie Verblyf in die Tuinroete

Die huisbote is ideaal vir ‘n selfsorg vakansie in die Tuinroete. Daar is ’n volledig toegeruste kombuis met ‘n yskas, gasstoof met oond en opwaskamer. ‘n Skuifdeur skei die voorkajuit van die hoofarea en bied privaatheid. In die voorkajuit is ‘n dubbelbed en ‘n enkelbed. Die tafel in die hoofkajuit vou op om die tweede dubbelbed te vorm. ‘n Afsonderlike kompartement bevat ‘n stort met warm water, wasbak en Porta Potty. Gerieflike verblyf op die Breederiver. Geniet die vars buitelug, natuurskoon en son op die buite dek area. Ander aktiwiteite sluit hengel en swem in.

Die huisbote word asvolg verhuur

  • Naweek (3 Nagte): Vrydag 16h00 tot Maandag 09h00
  • Week (4 Nagte): Maandag 16h00 tot Vrydag 09h00

Pryse beskikbaar op aanvraag.

Die huisbote het slaapplek vir vyf persone elk, twee dubbelbeddens en een enkelbed.

Dorp: Malagas

Tipe Akkommodasie: Selfsorg

Tarief: Pryse beskikbaar op aanvraag

Kontak by:

Tel. No. 082 542 1049 of

Doen navraag per epos