8 Slaaper Vakansiehuis met Swembad in George te Huur
8 Slaaper Kaap Hollandse vakansiehuis met swembad in George beskikbaar reg deur die jaar as vakansieakkommodasie vir 8 persone.Die eiendom is heeltemal omhein.
Die huis bied 4 slaapkamers, 2 vol badkamers, klein sitkamertjie, oopplan sitkamer/eetkamer/kombuis,waskamer, dubbel motorhuis en patio. Die groot tuin het ‘n verhitte swembad.
Huurders moet asseblief slegs buite rook en geen troeteldiere word toegelaat nie. Huurders moet ook asseblief hul eie bad, gaste en swemhanddoeke en dekodeerder vir DSTv saambring.
Die huis het ‘n koopkrag meter en die eienaar sal 25 eenhede voorafbetaalde krag per dag insit. Indien u meer krag benodig sal dit vir u eie rekening wees.
Die huis is toegerus met die volgende:
- Linne
- Draagbare braai
- CD speler
- Dubbel motorhuis
- 2 Tv’s
- DSTV konneksie
- Bring eie dekodeerder
- DVD speler
- Swembad
- Yskas
- Vrieskas
- Skottelgoedwasmasjien
- 2 oonde
- Kookplate
- Tuinmeubels
- Waterfilter vir drinkwater
- Kook en Eetgerei
- Wasmasjien
- Buite Stort
- Tuimel Droër
Slaapkameruitleg:
Slaap 8, 4 Slaapkamers, 2 vol Badkamers
- Hoofslaapkamer 1: 1 x Konings grootte bed – vol en-suite bedkamer
- Kamer 2: 1 x Konings grootte bed
- Kamer 3: 2 x Enkelbeddens
- Kamer 4: 1 x Stapelbed
Beskikbaarheid
- Beskikbaar gedurende Desember – minimum van 10 dae
- Beskikbaar gedurende die jaar – minimum van 7 dae
Die huis is bespreek vir die volgende tye:
- Bespreek vanaf 10 Januarie 2023 – 3 April 2023