Woonstel in Outeniquastrand vir 5 Persone
Vakansiewoonstel vir 5 Persone te huur by Outeniquastrand in die Tuinroete
Hierdie netjiese en ruim woonstel in Outeniquastrand op die boonste vlak van die woonhuis bied akkommodasie vir 5 persone. Die see is ongeveer 1km van hier af en van die balkon af het die huurders gedeeltelike seeuitsig. Outeniquastrand is by Glentana en sowat 20 kilometer vanaf George. Kom ontspan op die balkon of in die gerief van die ruim sitkamer en geniet die uitsig.
Die woonstel het ‘n groot oopplan leefarea/kombuisie, 2 slaapkamers en een badkamermet stort en ‘n aparte toilet.
Die woonstel is nie geskik vir kinders onder 10 jaar nie en geen troeteldiere word toegelaat nie.
Huurders moet asseblief hul eie swemhanddoeke bring. Daar is ‘n weber braai agter die woonstel waar die huurders buite kan braai. Die naaste wassery is op Groot Brak Rivier.
Die woonstel is toegerus met die volgende:
- Linne
- Balkon met elektriese braai
- Elektriese braaipan
- Yskas/vrieskas
- Mikrogolfoond
- Buite stort – warm en koue water
- Kleur TV
- Vol DSTV – dekodeerder word verskaf
- Trappe
- Mini stoof met oondjie
Slaapkameruitleg:
Slaap 5, 2 Slaapkamers, 1 badkamer met stort en aparte toilet
- Kamer 1: 1 x Dubbelbed
- Kamer 2: 2 x Enkelbeddens
- Enkel bed in Leefarea
Beskikbaarheid
- Die woonstel is beskikbaar reg deur die jaar – ‘n mimimum van 7 dae bespreking word verlang.
- In Desember word ‘n minimum van 14 dae bespreking verlang vir die eerste bespreking. Daarna sal die eienaar korter besprekings oorweeg.
Die woonstel is bespreek vir die volgende tye:
Beskikbaar vanaf 7 Januarie 2016