Plett Forest Cabins
Plettenberg Bay Gerieflike en Bekostigbare Akkommodasie
Die Plett Forest Cabins is geleë in die Harkerville Woud tussen Plettenbergbaai en Knysna. Hier sal jy gerieflike en bekostigbare akkommodasie vind in die rustige atmosfeer van die woud waar vier mak takbokkebokke hul habitat gevind het. Dit is die ideale plek vir ‘n romanties wegbreek naweek, vir ‘n familie wegbreek of groepe. Aktiwiteite hier by Plett Forest Cabins sluit in staproetes, voëlkyk en swem in die rivier of in die swembad. Die Harkerville Bergfiets roetes is binne 5km en ander aktiwiteite van die Tuinroete is ook naby geleë.
Selfsorg Akkommodasie tussen Knysna en Plettenbergbaai
Plett Forest Cabins wat geleë is tussen Knysna en Plettenbergbaai bied ses goed toegeruste selfsorg eenhede wat geskik is vir van 2 tot 6 persone. Vyf van die ses eenhede het jacuzzi baddens. Daar is ook buite braaigeriewe. Vir die gene wat verkies om nie self kos te maak nie is daar verskeie restauante in Plettenbergbaai en Knysna wat beide slegs 20km verder geleë is.
Akkommodasie by Plett Forest Cabins in die Tuinroete
Plett Forest Cabins bied vier familie eenhede en twee wittebrood eenhede. Linne en handdoeke word voorsien. Vir die gaste se gerief word die volgende voorsien vir die eerste nag; melk,suiker, koffie en tee, asook braaihout en vuuraanstekers vir die eerste braai. Bring verkieslik ‘n flitslig, kamera, sonblok en insektweerder saam. Die eenhede kan gediens word op aanvraag.
Wittebrood-eenhede
Blackwood en Bluegum –die twee wittebrood eenhede is in die woud geleë en kyk uit oor die swembad. Beide het ‘n koningin grootte bed en ‘n jacuzzi in die badkamer. In die solder is twee enkel beddens vir kinders. Blackwood het ‘n ekstra balkon wat uitkyk oor die woud en rivier. Buite braaigeriewe en sitplekke is beskikbaar. Die eenhede bied ook die volgende: toegeruste kombuis met yskas, klein stoof /oond, mikrogolfoond, waaier, Televisie (geen opvangs) en DVD speller.
Tariewe: Vanaf R800 per nag gedurende die jaar en in hoog seisoen R1200 per eenheid.
Familie-eenhede
Die familie-eenhede, Banana, Olive en Fig, het beide twee slaapkamers met Jacuzzi’ baddens. Die vierde, Lemon, het twee slaapkamers met en-suite badkamers met storte.
Banana, Olive en Fig
Hierdie privaat selfsorg twee slaapkamer eenhede is aan die voorkant van die woud geleë. Elkeen het ‘n slaapkamer met ‘n koningin grootte bed en 2 x ¾ beddens en deel ‘n badkamer met ‘n Jacuzzi. In die leefarea is ‘n dubbel slaapbank vir gaste. Beide het ‘n klein dek met sitplek en buite braaigeriewe. Die eenhede bied die volgende; toegeruste kombuis met yskas, klein stofie/oond, mikrogolfoond, televisie (geen opvangs) en DVD speler.
Tariewe: Vanaf R850 per nag gedurende die jaar en in hoog seisoen R1400 per nag per eenheid.
Lemon
Hierdie eenheid kyk uit oor die dam en bied 2 slaapkamers. Een kamer het ‘n koningin grootte bed en die ander kamer het 2 x ¾ beddens daar is ook ‘n dubbel slaapbank in die leefarea. Die kamers het en-suite badkamers met storte. Die aparte leefarea en kombuis is ten volle toegerus. Die dek bied sitplek en daar is buite braaigeriewe. Hierdie eenheid is geskik vir 2 gesinne wat deel. Die eenheid bied die volgende: toegeruste kombuis met yskas, klein stofie met oond, mikrogolfoond, televisie (geen opvangs nie) en DVD speler.
Tariewe: Vanaf R950 per nag gedurende die jaar en in hoog seisoen R1600 per nag vir die eenheid.