Greenhouse-effect
Mosselbaai Selfsorg Akkommodasie
Die Greenhouse-effect is ‘n luukse selfsorg eenheid wat sentraal geleë is by Santos en De Bakke in Mosselbaai. Die eenheid is ideaal vir vakansiegangers, toeriste en korporatiewe verteenwoordigers wat opsoek is na ontspanne en gerieflike verblyf in hierdie skilderagtige dorp. Die eenheid bied akkommodasie vir 4 persone. Daar is vol DSTv, Netflix, gratis Wi-Fi en ‘n alarmstelstel vir die vakansieganger se gerief.
Luukse Vakansie Akkommodasie by Santos, Mosselbaai
Hierdie eenheid het ‘n oopplan leefarea met kombuis, 2 slaapkamers en ‘n badkamer met ‘n stort. Gaste kan ontspan op die patio met sy gasbraaier terwyl jy die pragtige uitsig oor die baai bewonder. Greenhouse-effect is goed toegerus vir ‘n onvergeetlike verblyf.
Selfsorg Eenheid in Mosselbaai
Die Greenhouse-effect selfsorg eenheid is sentraal in Mosselbaai geleë en hiervandaan kan gaste die area ontdek. Daar is verskeie golfbane, museums, inkopiesentrums, bootritte en nog baie meer, en dit alles binne die radius van 100km. Die eenheid is geskik vir kort tot langer periods van verblyf in Mosselbaai.
- Linne en badhanddoeke word verskaf. Bring asb eie strandhanddoeke.
- Klein troeteldiere toegelaat – reël net vooraf
- Geen wasmasjien – gebruik die plaaslike wasoutomate
- Veilige onderdak parkering op die perseel
Akkommodasie vir Korporatiewe Verteenwoordigers in Mosselbaai
As ‘n bykomende diens bied die gasvrou van Greenhouse-effect aan korporatiewe verteenwoordigers ‘n ontbyt-, middag- en aandetepakkette aan. Wasgoed kan ook gereël word.
Slaapkamer Uitleg van Greenhouse-effect:
- Kamer 1: 1 x Dubbelbed
- Kamer 2: 2 x Enkelbeddens
- Badkamer met stort
Tariewe van Greenhouse-effect:
- In Seisoen: R 1500 per eenheid per nag – minimum van 10 nagte
- Buite Seisoen: R 800 per eenheid per nag – minimum van 3 nagte