Arendsnes
Akkommodasie in Wilderness by Arendsnes
Arendsnes is pragtige grondvloer woonstel geleë in Constantia Kloof Wilderness. Die woonstel is ‘n goed toegeruste woonstel met ruim spasie en is 2.8km van die naaste strand af, 13km vanaf George en 22km vanaf die George Lughawe. Die woonstel is toegerus as selfsorg akkommodasie en bied twee slaapkamers vir 4 volwassenes en 2 kinders akkommodeer.
Selfsorg Woonstel met Seeuitsig in Wilderness
Die groot oopplan leefarea van Arendsnes selfsorg woonstel in Wilderness bied ‘n sitkamer, kombuis en ‘n ingeboude braai. Van hier af het u ‘n pragtige en ononderbroke seeuitsig oor Wilderness. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg. Die leefarea lei na ‘n stoep omring deur die welige tuin. Geniet die rustigheid van die tuin wat ‘n verskeidenheid voëls lok, waaronder die Knysna Loerie en selfs ‘n Bosbok of twee. Gaste is welkom om in die tuin te wandel.
Selfsorg Akkommodasie in Wilderness
Arendsnes Selfsorg Akkommodasie bied verblyf vir 4 volwassenes en 2 kinders in Wilderness. Die hoofslaapkamer bied ‘n koningin grootte-bed en ‘n en-suite badkamer. Die tweede slaapkamer het twee enkelbeddens en het ‘n privaat badkamer. In die sitkamer is daar ‘n slaapbank beskikbaar vir kinders. Vir u gerief kan ‘n bediende vooraf gereël word
Kontak ons telefonies vir navrae en besprekings.
Verwysingsnommer: 0237
Dorp: Wilderness
Buurt: Constantia Kloof
Tipe Akkommodasie: Selfsorg
Uitsig: See
Slaap: 6
Tariewe: Per Dag vir Woonstel vir 4 mense
Lae seisoen: R 1100.00
Mid seisoen: R 1600.00
Hoog seisoen: R 1900.00
Afstand see toe: 2800 meter
Kontak
Sel Nr: +27 (0) 83 231 0315
Adres: Constantia Kloof 2122, Wilderness Hoogte
of
Geriewe van Arendsnes
Linne, handdoeke (bring asb u eie strandhanddoeke), kleur-TV, gasstoof met gas- en elektriese plate, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, yskas / vrieskas, strykyster, wasmasjien, tuimeldroër, binnebraai, draagbare buitebraai op aanvraag, buite trappe, veilige parkering.
Slaapkamer uitleg
Slaapplek vir 4 volwassenes + 2 kinders, 2 slaapkamers, 1,5 badkamers
• Slaapkamer 1: 1 x koningin grootte-bed, en-suite badkamer met stort
• Slaapkamer 2: 2 x enkelbeddens, vol badkamer
• Slaapbank in die sitkamer
Tariewe van Arendsnes
• Die tariewe vir Arendsnes is vir die hele woonstel met slaapplek vir 4 volwassenes en twee kinders per nag. Tariewe vir enkelpersone en paartjies kan onderhandel word.
• Van R1100 tot R1900 per nag