5 Slaaper Woonhuis met Swembad in George te Huur

Hierdie netjiese 5 slaaper woonhuis met ‘n swembad in George is te huur vir vakansieakkommodasie vir ‘n gesin van 5 persone. Die huis is sowat 17 km vanaf Heroldsbaai en so 2km van die middedorp van George af.

Die akkommodasie bestaan uit ‘n sitkamer/kombuis en opwasarea, 3 slaapkamers, 2 badkamers, 1 Motorhuis, ‘n  motorafdak, ‘n onderdak onthaal en braaiarea by die swembad.

Die swembad het ongelukkig nie ‘n veiligheidsnet op nie. Die eiendom is omhein.
Geen troeteldiere word toegelaat nie. Huurder moet asseblief hul eie handdoek saambring en ook eie dekodeerder vir DSTV. Huurders word versoek om asseblief slegs buite te rook. Geen kinders onder 6 jaar word toegelaat nie. Die huis het ‘n koopkragmeter en die eienaar sal 25 eenhede krag voorsien vir die duur van jul bespreking. As julle meer krag benodig sal dit vir jul eie rekening wees.

Verwysingsnommer : 0791

Dorp: George

Buurt: George Suid

Hoë seisoen tarief: R 1200.00

Afstand see toe: 1.7 km

Kontak persoon: Me. Holtzhausen op 082 453 4418

Doen navraag per epos

Die huis is toegerus met die volgende:

Linne
Onderdak braai
Swembad
1 Motor huis beskikbaar
Motorafdak
Kleur TV
DVD speler
Skottelgoedwasmasjien
Wasmasjien
Stoof
Yskas/Vrieskas
Mikrogolfoond

Slaapkamers Uitleg

Slaap 5, 3 Slaapkamers, 2 Badkamers
Hoof Slaapkamer: 1 x Dubbel bed en-suite badkamer – stort
Slaapkamer 2 : 2 x Enkel beddens
Slaapkamer 3: 1 x Enkel Bed
Slaapkamers 2 en 3 deel ‘n badkamer met ‘n bad

Die huis is beskikbaar vir die volgende tye

  • Nie beskikbaar gedurende die jaar nie.
  • Nog beskikbaar vanaf 7 Desember 2019 tot 4 Januarie 2020

Die huis is bespreek vir die volgende tye:

Beskikbaar vandaf 7 Desember 2019 tot 4 Januarie 2020