Warmwaterberg Spa

Warmwaterbron op Roete 62 in die Weskaap

Warmwaterberg Spa is ‘n warmwaterbron geleë tussen Barrydale en Ladismith op Roete 62 in die Weskaap van Suid Afrika. Hier kan gaste eg Suid Afrikaanse gasvryheid ervaar. Ontspan in ‘n rustige atmosfeer waar stomende warm water beide ligaam en siel sal verkwik.

Barrydale Akkommodasie

Warmwaterberg Spa in die Barrydale omgewing bied verskeie selfsorg akkommodasie eenhede. Daar is ook kameerplekke en selfs toegeruste karavane wat gehuur kan word. Gaste aan Warmwaterberg Spa kan in die restaurant met kroeg ontspan en heerlike etes geniet. Daar is ook ‘n kiosk wat basiese benodighede voorsien en ‘n drankwinkel wat plaaslike wyne aanhou. Dan is daar natuurlik die 3 buite swembaddens waarvan 2 warm en een koue water het. Die temperature wissel tussen 25 en 42 grade. Verskeie Romeinse baddens is ook beskikbaar by Warmwaterberg Spa.

Verwysingsnommer: 0612

Naam: Warmwaterbergspa

Dorp: Barrydale

Tipe Akkommodasie: Oord

Tariewe: Sien tariewe onder aan die bladsy

Kontak by:

Tel No: +27 (0) 28 572 1609 (08:00 to 20:00)

Faks No: +27 (0) 28 572 1769 of

Doen navraag per epos

Akkommodasie by Warmwaterberg Spa

Die verskeie verblyf opsies by Warmwaterberg Spa sluit die volgende in:

  • Historiese Badhuisies
    Badhuis 1: Twee slaapkamer eenheid met groot bad en kaggel in die kombuis, daar is ook ‘n bad in een van die kamers.
    Badhuis 2: Twee slaapkamer eenheid met ‘n groot bad in beide kamers. Daar is ‘n kaggel in die kombuis.
  • Studio Badhuisies \ Whittingdale Bad Huise
    Studio eenhede met ‘n koningsgrootte bed, slaapbank en luukse bad. Kaggel in die leefarea op die laer vlak.
  • Een Slaapkamer Hout Chalets
    Dubbelbed in ‘n klein slaapkamer. En-suite badkamer met stort. Addisionele stapelbed in die kombuis/leefarea waar nog 2 persone  kan slaap
  • Twee Slaapkamer Hout Chalets
    Een dubbel en twee enkel beddens – badkamer met stort of stort en bad. Addisionele stapelbed in die kombuis/leefarea waar nog 2 persone  kan slaap
  • Drie Slaapkamer Hout Chalets
    Dubbelbeddens en 1 stapelbed in 3 kamers in a stil area naby alle geriewe. Aparte leefarea en buite dek. Twee enkelbeddens kan nog twee persone akkommodeer.
  • Hoofhuis
    Nie en-suite maar privaat kamers met dubbelbeddens en stapelbed in die kombuis gedeelte wat 2 ekstra persone kan akkommodeer. Diep Romeinsebaddens en gemeenskaplike abulsiegeriewe is beskikbaar. Gemeenskaplike TV kamer.

Die bogenoemde selfsorg eenhede is almal ten volle toegerus met breekware, eetgerei, ketels, broodroosters, yskaste, beddegoed en handdoeke. Gaste moet asb eie swemhanddoeke bring.
Let wel dat naweek besprekings tenminste 2 nagte moet insluit. Donderdag & Vrydag of Vrydag en Saterdag of Saterdag en Sondag

  • Karavane te huur
    Permanente en toegeruste karavane kan gehuur word. Daar ablusiegeriewe het 2 gesonke Romeinse baddens, storte, wasbakke en toilette. Daar is ook skottelgoed en wasgoed geriewe.
  • Kampeerplekke
    Die karavaanpark is op gelykgemaakte gras areas met kragpunte en braaigeriewe. Daar ablusiegeriewe het 2 gesonke Romeinse baddens, storte, wasbakke en toilette. Daar is ook skottelgoed en wasgoedgeriewe.