Tsitsikamma Village Inn

Die Tsitsikamma Village Inn is ‘n privaat hotel wat deur die eienaars self bestuur word. Die hotel wat oorspronklik in 1946 gevestig is, is in die hart van die gewilde dorpie Stormsriver geleë naby die Tsitsikamma Nasionalepark by die Stormsrivermond.

Stormsrivier Hotel Akkommodasie

Hierdie hotel in Stormsrivier bied hotel akkommodasie in 49 “village style” kamers. Elke kothuis se dekor is uniek en het ‘n eie tuin wat die koloniale boustyl van die Tuinroete weerspieël.

Konferensiegeriewe by die Tsitsikamma Village Inn

Die hoofgebou by die Tsitsikamma Village Inn dateer uit 1845. Hier word die De Oude Martha Restaurant, Hunters Pub, Café Bacchus en gastesitkamer gehuisves. Die lugversorgde konferensiegeriewe by die hotel kan tot 84 afgevaardigdes huisves. Die hotel wat slegs 5km van die Stormsriver brug af geleë is bied ook toegang tot verskeie aktiwiteite en attraksies wat dit ideal maak vir konverensiegangers.

Akkommodasie in Stormsrivier

Die Tsitsikamma Village Inn is bekend vir sy uitstekende kos en ou wêreldse sharme, dus net die regte plek om jou akkommodasie in Stormsrivier te bespreek!

Dorp: Stormsrivier

Tipe Akkommodasie: Bed en Ontbyt

Tarief: vanaf R435 / persoon / aand

Kontak by:

Tel No: + 27 (0) 42 281 1711
Adres: 40 Darnell Straat, Stormsrivier, Tsitsikamma, Tuinroete

of

Doen navraag per epos

Die Tsitsikamma Village Inn bied die volgende dienste en fasiliteite:

  • Groot skerm televisie vir sportuitsendings
  • Internet en “Wireless Hot Spot” (gratis vir hotel gaste)
  • Haarsalon
  • Speelgronde vir kinders
  • Afslag vir pensioenarisse

Tsitsikamma Mikrobrouery

Die eienaars van die Tsitsikamma Village Inn het op 1 November 2014 met trots die Tsitsikamma Mikro-brouery geopen. Gaste kan nou mikrobier kom geniet in die brouery wat ook ander Suid Afrikaanse mikro-bier te koop aanbied.