The Berry Guest Farm Gasteplaas

Luukse Selfsorg Akkommodasie in Swellendam

Die “The Berry Guest Farm” Gasteplaas bied ‘n lieflike vakansiebestemming net buite Swellendam in die Weskaap. Die ou plaashuis en ander geboue is omskep in luukse selfsorg akkommodasie vir gaste. Die ses eenhede is almal tenvolle toegerus vir ‘n gerieflike verblyf. Al wat gaste moet saambring is swemhanddoeke, kos en klere. Gaste kry selfs met aankoms ‘n gratis bondel hout.

Swellendam Bed en Ontbyt Akkommodasie

Die verblyf by die “The Berry Guest Farm” Gasteplaas is ideaal vir diegene wat vrede en rustigheid soek. Bed en Ontbyt gaste word in die selfsorgeenhede geakkommodeer en kan ook van die kombuisgeriewe gebruik maak vir ander etes buiten ontbyt. Ontbyt word in die proelokaal bedien aan gaste en moet voooraf gereël word.

Kinder en Troeteldier Vriendelike Verblyf in Swellendam

Die “The Berry Guest Farm” Gastplaas bied kinder en troeteldier vriendelike verblyf aan gaste wat Swellendam besoek. Groot oop spasies, “jungle gym, swembad en verskeie ander aktiwiteite maak van The Berry Guest Farm ‘n perfekte vakansiebestemming. Van die aktiwiteite op die plaas sluit trekkerritte, ‘n “foefieslide”, bergfietsroetes, staproetes, 4×4 roetes en voël kyk in. Gaste is welkom om hul geliefte troeteldiere saam te bring, reël asseblief vooraf met die bestuur. Alle troeteldiere moet mens en dier vriendelik wees en hul eie beddegoed hê. Geen troeteldier word op die meubels toegelaat.

Verwysingsnommer: The Berry Guest Farm Gasteplaas

Dorp: Swellendam

Tipe Akkommodasie: Bed en Ontbyt / Selfsorg

Tarief: per person wat deel per nag

Sien uiteensetting van tariewe onder op lysting

Kontak by:

Tel No: +27 (0) 28 514 1919

Tel No2: +27 (0) 82 9612 395

Address: Hermitage, N6, Swellendam (Draai in Andree White Staat vanuit Voortrekker Straat in die rigting van die berg. Volg die pad vir 2.3km tot by The Berry Guest Farm)

of

Doen navraag per epos

Akkommodasie Uitleg

Blueberry Cottage – slaap 4

Oopplan eenheid met ‘n dubbelbed en dubbelslaapbank, kombuisarea, badkamer met stort.
Ander: Kaggel, TV en rivieruitsig

Blackberry Cottage – Slaap 4

Oopplan eenheid met dubbelbed, twee enkelbeddens en bababed. Kombuisarea en badkamer met stort.
Ander: Kaggel, TV en rivieruitsig

Youngberry Cottage – Slaap 6

Twee slaapkamer eenhede met twee dubbelbeddens en twee enkel staple beddens. Die oopplan kombuis en leefarea as ook die hoof slaapkamer het lugversorger.
Ander: Kaggel, TV, DVD Speler, Deel badkamer met stort, Rivieruitsig

Strawberry Cottage – Slaap 8

Twee slaapkamer eenheid met 1 dubbelbed en 6 enkel beddens. Daar is een badkmer en ‘n aparte stort. Die kombuis en leefarea is apart en daar is ‘n DSTV konneksie, bring net u eie dekodeder en kaart.
Ander: Lugversorger, TV en DVD speler.

Raspberry Cottage – Slaap 4

Twee slaapkamer eenheid met ‘n dubbelbed en twee enkel staple beddens. Die hoof slaapkamer het lugversorger.
Daar is ‘n toegeruste kombuis asook badkamer met stort.
Ander: TV

Gooseberry Cottage – Slaap 2

Die oopplan eenheid het 1 dubbelbed, ‘n leefarea en kombuis.
Ander: En-suite badkamer met stort, Lugversorging, TV

Alle eenhede is toegerus met kaggels en het buite braaigeriewe. Daar is beddegoed en handdoeke. Verder het elke eenheid ‘n TV en die kombuise is toegerus met ‘n stoof, kettle, broodrooster en alle nodige breekgroed.

Tariewe:

  • Volwassenes: R350 per person wat deel per nag
  • Kinders onder 16: R180 per nag per kind
  • Honde: R65 per hond per nag
    (Die bogenoemde tariewe is vir selfsorg. Ontbyt is ekstra en op aanvraag)
    50% Deposito is betaalbaar met bespreking en die balans met aankoms.