Suidersee Akkommodasie Hartenbos

Hartenbos Selfsorg Akkommodasie

Suidersee Akkommodasie is geleë sowat 100 meter vanaf Hartenbos Seefront-sentrum met aktiwiteite soos putt-putt, ‘n warmwater swembad,
waterglybane en verskeie winkels. Die vakansie-eenhede bied gaste gerieflike en moderne selfsorg akkommodasie. Elke eenheid het ‘n platskerm televisie met 10 DSTV kanale, sowel as ‘n DVD speler. Eenhede 1 tot 7 het ‘n gemeenskaplike braaiarea. Eenhede 8 tot 12 het ‘n eie privaat braaiarea voor die eenheid.

Selfsorg Vakansieakkommodasie Hartenbos

Die eenhede is beskikbaar reg deur die jaar en is geskik vir naweke, kort vakansies, asook lang vakansies. Suidersee is geleë langs die Seefront-sentrum met sy restaurante, verskeidenheid winkels en aktiwitwite. Gedurende die jaar bied Suidersee gereelde middel van die week, asook naweek spesiale aanbiedinge vir hul akkommodasie.
Kontak ons vir meer inligting rakende die spesiale akkommodasie aanbiedinge.

Tariewe: Vanaf R 500 per eenheid per nag

Dorp: Hartenbos

Tipe Akkommodasie: Selfsorg

Tarief: Per Dag vir Woonstel

Tariewe vanaf R 500 per woonstel per dag

Afstand see toe : 150 meter

Kontak Zandri by:

Tel. No. 044 695 1982

of

Doen navraag per epos

Kameruitleg van Suidersee Akkommodasie Hartenbos

Televisie met 10 kanale, DVD speler, Bedlinne: paslakans, duvetoortreksels, kombers (geen handdoeke nie) 100 meter vanaf strand

Suidersee 1: Bachelor-eenheid, oopplan eenheid met dubbelbed, toegeruste kombuis, badkamer en gemeenskaplike braaiarea
Suidersee 2 & 3: 1 kamer met dubbelbed, oopplan toegeruste kombuis, badkamer, TV kamer met 2 enkelbeddens en gemeenskaplike braaiarea
Suidersee 4 en 6: Oopplan kombuis/slaapkamer met dubbelbed, TV kamer met 2 enkelbeddens, badkamer en gemeenskaplike braaiarea
Suidersee 5: kamer met dubbelbed, oopplan toegeruste kombuis, TV kamer met 2 enkelbeddens, badkamer en gemeenskaplike braaiarea
Suidersee 7: kamer met dubbelbed, oopplan toegeruste kombuis, TV kamer met stapelbed, badkamer en gemeenskaplike braaiarea
Suidersee 8: 2 kamers, dubbelbed, stapelbed, en-suite badkamer met stort, oopplan kombuis/TV kamer en eie braaiarea
Suidersee 9: 2 kamers, dubbelbed en stapelbed, en-suite badkamer met stort, oopplan konbuis/TV kamer en eie braaiarea
Suidersee 10: 1 kamer, koninginbed, oopplan toegeruste kombuis/TV kamer met stapelbed en dubbel slaapbank, badkamer met stort en eie braaiarea
Suidersee 11: 1 kamer, dubbelbed, oopplan toegeruste kombuis/TV kamer met stapelbed, dubbel slaapbank, badkamer met stort en eie braaiarea
Suidersee 12: Bachelor-eenheid met dubbelbed, dubbelslaapbank, toegeruste kombuis, badkamer en eie braiarea
Suidersee 13: 2 kamers, koninginbed, 2 enkelbeddens, stapelbed, 2 badkamers, oopplan toegeruste kombuis/TV/eetkamer, eie braaibara, 150 meter van die strand
Suidersee 14: 2 kamers, koninginbed, stapelbed, oopplan kombuis /TV kamer met dubbel slaapbank, badkamer, eie braaiarea en 100 meter van strand
Suidersee 15: 1 kamer met dubbelbed, oopplan toegeruste kombuis/TV kamer met stapelbed, dubbel slaapbank, badkamer met stort, eie braaiarea en 150 meter van strand
Suidersee 16: 2 kamers, koninginbed en 2 enkelbeddens, stapelbed, badkamer met bad en stort, oopplan toegeruste kombuis/TV kamer/eetkamer, eie braaiarea en 150 meter van strand
Suidersee 17: 2 kamers, koninginbed, 2 enkelbeddens, ooplan toegeruste kombuis/TV kamer, dubbel slaapbank, badkamer, eie braaiarea. Hierdie eenheid is op die eerstevloer en 150 meter van strand
Suidersee 18: 2 kamers, koninginbed, stapelbed, oopplan toegeruste kombuis/TV kamer, badkamer met stort, eie braai op balkon, TV, DSTV, DVD speler. Hierdie eenheid is op die eerstevloer en 150 meter van strand
Suidersee 19: Bachelor-eenheid, oopplan met dubbelbed, toegeruste kombuis, badkamer en gemeenskaplike braaiarea. Hierdie eenheid is op die eerstevloer en 150 meter van die strand
Suidersee 20: 1 kamer met dubbelbed, en-suite badkamer, oopplan kombuis/TV kamer, enkelbed, buitebraaai, skaduparkering, 150 meter van strand

Suidersee bied ook ander akkommodasie, kontak ons gerus vir meer inligting.