Mona’s Bed en Ontbyt

Bed en Ontbyt Akkommodasie in Heroldsbaai

Mona’s Bed en Ontbyt in Heroldsbaai bied ‘n huislike atmosfeer wat gaste sommer dadelik laat tuis voel. Die pragtige huis in die Tuinroete van Suid Afrika bied ‘n ongelooflike 180 grade seeuitsig. Die finominale seeuitsig, warm eg Suid-Afrikaanse gasvryheid, gerieflike akkommodasie en voortreflike etes is van die luukshede wat gaste tydens hul verblyf sal ervaar.

Vakansie Verblyf in Heroldsbaai

Eienaars, Pieter en Mona, verwelkom gaste na hul huis in Heroldsbaai Hoogte. Die bed en ontbyt verblyf is gerieflik geleë; 8km vanaf die George-lughawe, 18km van George en minder as 3km van die gewilde Heroldsbaai-strand. Die rustige en ontspanne woning is ideaal vir beide vakansie en besigheids besoeke aan die Tuinroete.

Verbyf by Mona’s Bed en Ontbyt in Heroldsbaai

Ontpan en geniet die pragtige uitsig oor die see vanaf die balkon tydens jou verblyf by Mona’s Bed en Ontbyt in Heroldsbaai. Tydens seisoen kan jy selfs gelukkig wees om dolfyne en walvisse van hier af sien. Vol DSTV is beskikbaar in die gesellige sitkamer met ‘n kaggel. Ontbyt is ‘n hoogtepunt en gaste word bederf met ‘n vol tradisionele Suid-Afrikaanse Ontbytfees. Ekstra etes kan bedien word, tref vooraf relings met die gasvrou. Gaste het ook toegang tot die kombuis waar ligte aandetes voorberei kan word. Verder is gaste ook welkom om van die Braai (BBQ) fasiliteite gebruik te maak. Wasgoeddienste is teen addisionele koste beskikbaar.

Dorp: Heroldsbaai

Tipe Akkommodasie: Bed en Ontbyt

Deur die jaar: R 290 per persoon

Hoë Seisoen: R 350.00 per persoon wat deel

Afstand see toe : 3 Kilometer

Kontak Pieter of Mona by:

Tel No: 044 851 0218

Tel No 2: 082 851 8631

Adres: Voëlklipstraat 56, Heroldsbaai Hoogte

of

Doen navraag per epos

Kameruitleg:

  • Kamer 1 – Dubbelbed, deel volledige badkamer (seeuitsig van kamer)
  • Kamer 2 – Dubbelbed, deel volledige badkamer (seeuitsig van kamer)
  • Kamer 3 – Koningin-grootte bed, en-suite volledige badkamer
    Enkel bed opsies beskikbaar

Akkommodasie Tariewe: Goeie waarde vir geld!

  • Hoog Seisoen: R350 per persoon wat deel
  • Res van die jaar: R290 per person
  • Kinders onder 12 betaal half prys.
  • Doen navraag vir enkel tariewe