Malagas Hotel

Familie Vriendelike Malagas Hotel naby Swellendam

Die Malagas Hotel is ‘n familie vriendelike hotel geleë op die oewer van die Breederivier naby Swellendam in die Weskaap. Hier kan gaste kom ontspan in ‘n rustige en vriendelike atmosfeer. In die somer kan gaste by die swembad of op die dek area ontspan en in die winter voor warm kaggels in die restaurant of kroeg area. Dit rustige omgewing lok ‘n groot verskeidenheid voëllewe. Een van die spesies is die beskermde Blue Crane (Bloukraanvoël) wat waargeneem kan word op die grondpad wat kronkel deur die landerye en wat lei tot die hotel.

Verblyf en Etes by die Malagas Hotel

Verblyf tariewe by die Malagas Hotel sluit aandete en onybyt in. Ontbyt ‘n vol Suid Afrikaanse ontbyt en aandete is ‘n 5 gang tuisgekookte ete. ‘n Verskeidenheid wyne is beskikbaar om saam met u ete te geniet.

Ontspannings Aktiwieteite by die Malagas Hotel

Die Malagas bied verskeie ontspannings opsies en aktiwiteite vir gaste. Dit sluit in die Moxies Kroeg, Restauurant, kinder speelkamer en sitkamer vir volwassens. Buite aktiwiteite sluit die volgende in: Volley Ball, Croquet, Trampolien, Jungle Gym en swembad. Verder is daar ook klein motorbote en kanoes asook “sunset cruises”.

Akkommodasie by die Malagas Hotel

Die akkommodasie by die Malagas Hotel naby Swellendam teen die Breederivier bestaan uit verskillende kamers wat elk 2 tot 5 persone kan akkommodeer. Ingesluit is ‘n uiteensetting van die verblyfopsies met tariewe.

Kontakbesonderhede

Tel No: +27 (0) 28 542 1049

Faks No: +27 (0) 28 542 1718

Adres: Malagas Hotel is ongeveer 230km van Kaapstad. Neem die Malagas afdraai 10km voor Swellendam en volg die grondpad vir 38km tot by die hotel.

of

Doen navraag per epos

Standaard Klein Dubbel Kamers

  • ‘n Klein basiese 2 ster gehalte grond vloer kamer met 2 enkel beddens vir 2 persone. En-suite badkamer met sort oor bad.
  • Fasiliteite in kamers: Tee en koffie stasie, Haardroër, TV (SABC 1, 2, 3, e-tv en inhuis fliek kanaal), Dakwaaier en Verwarmer
  • Tariewe:
    Aandete, bed en ontbyt – Enkel persoon vanaf R890 to R1090 | Persoon wat deel vanaf R630 tot R750
    Slegs Kamer – Vanaf R750 to R850

Standaard Trippel Kamers

  • Konings grootte en enkel bed. 2 Ster grond vloer eenhede met dagbed vir ‘n kind. Maksimum 4 persone. Kamers het buite patio\dek area. En suite badkamer met sort oor bad. Kamers is oorkant die pad van die hoof gebou.
  • Fasiliteite in kamers: Tee en koffie stasie, Haardroër, TV (SABC 1, 2, 3, e-tv en inhuis fliek kanaal), Dakwaaier en Verwarmer
  • Tariewe:
    Aandete, bed en ontbyt – Enkel persoon vanaf R990 to R1190 | Peroon wat deel vanaf R730 tot R850
    Slegs Kamer – Vanaf R950 to R1150

Superior Dubbel en Trippel Kamers

  • Konings grootte bed, Trippel kamers met ‘n eksta enkel bed. (AA Highly recommended) Grond vloer kamers het ‘n dagbed vir ‘n kind. Kamers akkommodeer tot 4 persone. En-suite badkamer. Meeste van die kamers het ‘n buite patio\dek area.
  • Fasiliteite in kamers: Tee en koffie stasie, Haardroër, 39’ Platskerm TV met geselekteerde DSTV kanale, Mini Kroeg yskas, Kluis, Dakwaaier en Verwarmer.
  • Tariewe:
    Aandete, bed en ontbyt – Enkel persoon vanaf R1390 to R1590 | Peroon wat deel vanaf R860 tot R1050
    Slegs Kamer – Vanaf R1500 to R1800

Superior Groot Familie Kamer

  • Konings grootte bed en 2 enkel beddens plus ‘n dagbed vir ‘n kind. (AA Highly recommended) Kamers akkommodeer tot 5 persone. En-suite badkamer. Alle kamers het ‘n buite dek\patio area.
  • Fasiliteite in kamers: Tee en koffie stasie, Haardroër, 39’ Platskerm TV met geselekteerde DSTV kanale, Mini Kroeg yskas, Kluis, Dakwaaier en Verwarmer. Alle kamers is op die eerste vloer.
  • Tariewe:
    Aandete, bed en ontbyt – Enkel persoon vanaf R1490 to R1690 | Peroon wat deel vanaf R900 tot R1090
    Slegs Kamer – Vanaf R1800 to R2000

Kinders en ekstra volwassenes wat deel
(Table d’hôte aandete en vol Suid Afrikaanse Ontbyt ingesluit)

  • 3de en 4de volwassene in dieselfde kamer  R460
  • Kinders 1 tot 6 jaar R180
  • Kinders 7 tot 12 jaar R340