Karoowater Gasteplaas

Karoowater Gasteplaas Tussen Calitzdorp en Oudtshoorn

Karoowater Gasteplaas (voorheen bekend as Uhuru Gasteplaas) is geleë 44km vanaf Oudtshoorn en 21km vanaf Calitzdorp, langs die skilderagtige Gamkaberg Natuurreservaat. Hierdie oasis in die Klein Karoo is die ideale plek met aktiwiteite wat die hele familie besig sal hou. Karoowater bied buiten die gewilde mineraal warmbron ook ‘n restaurant, springbokke wat vry loop in die natuur, kleurvolle pappagaaie, nuuskierige apies, kinderspeelarea, wandelroetes, waterglybaan as ook ‘n koue water swembad. Dag besoekers is welkom.

Calitzdorp Warmbron

Die mineraal warmbron van Karoowater Gasteplaas naby Calitzdorp is bekend vir sy terapeutiese waarde. Die natuurlike warmbron verfris en rehabiliteer. Die natuurlike mineraalwater vlek ongelukkig swemklere so bring liefs ou swemklere. Dag besoekers is welkom. Dagtariewe is van toepassing. Besoekure: In seisoen 08h00 tot 17h00 Buite seisoen: Dinsdae en Donderdae – halfdag.

Selfsorg Akkommodasie Calitzdorp

Selfsorg akkommodasie, sowel as ‘n kampeerterein vir karavane, tente en “Campers” is beskikbaar by Karoowater in die Calitzdorp distrik. Perfek vir oornag, naweek en vakansieverblyf.

Naam: Karoowater Gasteplaas

Dorp: Calitzdorp

Tipe Akkommodasie: Gasteplaas / Warmbron

Tariewe: Kontak Karoowater Gasteplaas vir tariewe

Kontak Nommer:

Tel No: +27 (0) 76 382 3477

Doen navraag per epos

• Wittebroodsuite | Ruim 4-bed
Die ruim 4-bed selfsorg chalet kan 4 persone huisves in 2 en-suite slaapkamers. Daar is ‘n oopplan leefarea met ten volle toegeruste kombuis, asook braaigeriewe. Die eenheid het lugversorging. Linne en handdoeke word verskaf.

• Premium Eenhede | Ruim 6-bed
Daar is drie selfsorg chalets wat elk 6 persone kan huisves. Elke chalet het twee slaapkamers met dubbelbeddens, badkamer met stort en ‘n stapelbed in die goed toegeruste oopplan kombuis en leef area. Braai fasiliteite is beskikbaar. Die eenhede het lugversorging. Linne en handdoeke word verskaf.

• Premium Eenhede | Ruim 4-bed
Vier selfsorg chalets kan elk 4 persone huisves. Elke chalet het een slaapkamer, ‘n badkamer met stort en 2 enkelbeddens in die goed toegeruste oopplan kombuis en leef area. Braaigeriewe is beskikbaar. Die eenhede het lugversorging. Linne en handdoeke word verskaf.

• Standaard Eenhede | Medium ruim 4-bed
Vier selfsorg chalets kan elk 4 persone huisves. Elke chalet het ‘n dubbelbed, badkamer met ‘n stort en 2 enkelbeddens/stapelbed in die goed toegeruste oopplan kombuis en leef area. Die eenhede het lugversorging. Linne en handdoeke word verskaf.

• Standaard Eenhede | Medium ruim 4-Bed Oopplan
Een oopplan selfsorgeenheid kan 4 persone huisves. Daar is ‘n dubbelbed en 2 enkelbeddens in die goed toegeruste oopplan kombuis en leef area. Die eenheid het lugversorging. Linne en handdoeke word verskaf.

• Oornagkamers| Dubbelkamers
Drie oornagkamers met tee en koffie maak fasiliteite is beskikbaar. Elke kamer het ‘n dubbelbed en badkamer met stort. Twee eenhede kan elk 2 persone huisves(een met kroegyskas) en een eenheid kan 3 persone huisves. Linne en handdoeke word verskaf.

• Karavaanpark
Grasbedekte staanplekke vir karavane, tente en “Campers” is beskikbaar. Elektrisiteit is beskikbaar asook sentrale goed toegeruste ablusiegeriewe.

Callitzdorp Venue vir Funksies en Troues

Die funksielokaal is die ideale venue vir troues, verjaardagpartytjies en ander funksies. Tot 100 gaste kan geakkommodeer word vir ‘n aansitete en ‘n volledige spysenieringsdiens en gelisensieerde kroeg is beskikbaar. Kontak Karoowater naby Calitzdorp vir meer inligting om jou funksie te reël.