Ingrotto

Waboomskraal Ingrotto Akkommodasie

By Ingrotto in Waboomskraal kan jy die luukshede van die 21ste eeu gekombineer met ‘n tikkie geskiedenis, nostalgie en hope natuurskoon geniet. Die pragtige Waboomskraal-vallei is sowat 25km buite George oppad Oudtshoorn toe geleë. Ingrotto bied selfsorg akkommodasie in ‘n pragtige ou gerestaureerde klipgebou wat in die 18de eeu as ‘n kerk gedien het. Hier kan jy ontspan in die gerief van Ingrotto terwyl jy die rustigheid en skoonheid van die plaas ervaar. Maak Ingrotto die basis van waar jy die Tuinroete en Klein Karoo verken of kom span net uit en geniet die rus en vrede!

Selfsorg Verblyf in Waboomskraal naby George

Verblyf word aangebied in ses individuele selfsorg-eenhede in die hartjie van Waboomskraal by Ingrotto. Elke eenheid by het ‘n privaat ingang, volledig toegeruste kombuisie, privaat braaigeriewe en ‘n en suite-badkamer.

Eenheid 1: Dubbelbed, badkamer met bad en stort (TV in kamer)
Eenheid 2: Dubbelbed, badkamer met bad en stort
Eenheid 3: Dubbelbed, badkamer met bad en stort
Eenheid 4: Dubbelbed, badkamer met stort
Eenheid 5: Dubbelbed, badkamer met stort
Eenheid 6: Dubbelbed, badkamer met stort
* ‘n Enkelbed of stapelbed is beskikbaar vir gesinne met kinders in sommige eenhede.

Groepe van tot 14 persone in totaal kan by Ingrotto gehuisves word.

Gaste is welkom om gebruik te maak van die gemeenskaplike leefarea met braaigeriewe, kombuis en DSTV. Die braai-lapa is beskikbaar vir gaste en ‘n fantastiese plek om saans stories om die kampvuur onder die sterrehemel te deel. Braaihout is beskikbaar teen goeie pryse.

Selfsorg Plaas Akkommodasie naby George

Ingrotto is op ‘n werkende plaas in die Hops-vallei, Waboomskraal, naby George geleë. Die eienaar van die plaas boer met ‘n verskeidenheid groente. Die plaas bied gaste pragtige staproetes wat na ‘n grot met grottekeninge lei en jy kan selfs visvang in die plaasdam (bring jou eie hengeltoerusting). Jy natuurlik ook skoene uitskop en net lekker ontspan in die gemak van die selfsorg akkommodasie eenhede by Ingrotto.

Akkommodasie Tariewe

Volwassenes: R250 per persoon

Kinders onder 12: R150 per persoon

Kinders onder 3: Gratis

Kontak Besonderhede

Tel 1: 072 235 8018
Tel 2: 082 737 5154
Adres: Waboomberg, Waboomskraal

of

Doen navraag per epos