Hartenbos op die Strand

Hartenbos Selfsorg Akkommodasie

Hartenbos op die Strand bied twee gerieflike selfsorg eenhede voor op die strand in Bayview Hartenbos. Die huis bied ‘n grondvloer eenheid, asook ‘n eenheid op die eerstevloer. Beide eenhede het ongelooflike see uitsig en kyk uit oor die strand, Robeiland en Mosselbaai. Hartenbos op die Strand is goed toegerus om ‘n gerieflike verblyf in Hartenbos te verseker.

Seefront Akkommodasie Hartenbos

Die grondvloer eenheid van Hartenbos op die Strand bied selfsorg akkommodasie vir ‘n maksimum van 6 persone. Die eenheid bied 2 slaapkamers, 2 badkamers, ‘n groot leefarea, kombuis, binne braaikamer, asook ‘n buite braai. Die seefront akkommodasie is ideal vir gesinne wat ‘n rustige wegbreek soek.

Die eerstevloer eenheid van Hartenbos op die Strand bied ‘n selfsorg akkommodasie vir ‘n maksimum van 5 persone. Die eenheid bestaan uit ‘n sitkamer, ‘n stoep met glasventers toegebou met ‘n pragtige uitsig, 2 slaapkamers, een badkamer, ‘n kombuis op die grondvloer en ‘n buitebraai.

Linne en beddegoed word verskaf. Bring asseblief net eie bad- en strandhanddoeke. Geen troeteldiere nie. Die eenhede het nie wasgeriewe nie, maak asb gebruik van die plaaslike wasserye. Onderdak parkering is beskikbaar.

Dorp: Hartenbos

Tipe Akkommodasie: Selfsorg

Uitsig: See

Tarief: Per Dag vir Eenheid

Sien tariewe onder

Kontak Danie Ackerman by:

Tel. No. 044 695 2211

Sel.No.082 670 6878 of

Doen navraag per epos

Kameruitleg

  • Eerstevloer eenheid: Slaap 5
    Kamer 1: 1 x Dubbelbed
    Kamer 2: 2 x Enkelbeddens
    1 Enkelbed in sitkamer
    Badkamer met stort in bad
    Die eenheid is toegerus met die volgende: Vol DSTV, CD Speler, Mikrogolfoond, 2 plaat gaskookplaat (geen oond), Yskas/vrieskas
  • Grondvloer eenheid: Slaap 6
    Kamer 1: 1 x Dubbelbed, en-suite badkamer met hoekbad
    Kamer 2: 2 x Enkelbeddens
    1 Enkelbed in leefarea en ‘n enkelbed in instapkamer.
    Die eenheid is toegerus met die volgende: Vol DSTV, Elektriese Stoof, Mikrogolfoond, Dubbeldeur Yskas/vrieskas.

Beskikbaarheid

  • Die eenhede is beskikbaar reg deur die jaar – ‘n mimimum van 3 dae bespreking word verlang.
  • In Desember word ‘n minimum van 14 dae bespreking verlang.

Tariewe:

  • Eerstevloer eenheid:
    Wintermaande: R 900 per dag per eenheid
    Gedurende die jaar: R 1500 per dag per eenheid
    Hoog Seisoen: R 1800 per dag per eenheid
  • Grondvloer eenheid:
    Wintermaande: R 1100 per dag per eenheid
    Gedurende die jaar: R 1800 per dag per eenheid
    Hoog Seisoen: R 2200 per dag per eenheid