Far Hills Country Hotel

Akkommodasie by die Far Hills Country Hotel in George

Die Far Hills Country Hotel bied bed en ontbyt akkommodasie net buite George in die Tuinroete. Slaapkamers met koning-, dubbel- en enkelbeddens sowel as familiekamers is beskikbaar. Alle kamers bied ‘n en-suite badkamer(bad en stort) en het ‘n privaat balkon met uitsig op die tuin en sommige van die Outeniquaberg. Die kamers bied ook lugversorging, koffie- en tee maak fasiliteite, mini-yskas, haardroër, TV, kluis vir kosbare items en Wi-Fi internet. Die Marokkaanse kamer is ideaal vir ‘n romantiese wegbreek of wittebrood. Veilige parkering is beskikbaar vir gaste.

Venue vir Troues, Konferensies en Funksies in George

Die Far Hills Country Hotel is die ideale plek vir troues, konferensies en funksies in George. Die venue is net buite George in ‘n lieflike landelike omgewing geleë. Aangesien elke troue anders en uniek is, behandel die funksiekoördineerder elke troue en funksie volgens persoonlike behoeftes en vereistes. Kontak die funksiekoördineerder om u behoeftes en die besonderhede van u troudag of ander spesiale geleentheid te bespreek. Die toegeruste konferensiefasiliteite is perfek vir konferensies, seminare en werkswinkels vir 5 tot 150 afgevaardigdes. Die restaurant verskaf tee, etes of drankies volgens die groep se behoeftes. Akkommodasie is ook beskikbaar. Kinderpartytjies kan ook hier gehou word, die springkasteel en swembad bied wonderlike vermaak!

Ciao Restaurant in George

Geniet tradisionele Italiaanse disse wanneer by die Ciao Family Bistro by die Far Hills Country Hotel net buite George. Die restaurant is daagliks oop van 18:00 tot 23:00 en die spyskaart sluit pizza, pasta, hamburgers, slaaie, lekker nageregte en meer in. Besoekers aan die hotel kan ook maaltye bestel van die Far Hills “Lunch-Menu” wat van 12h00 tot 21h00 bedien word. Dit sluit burgers, toebroodjies, mandjies, slaaie en meer in. Hierdie etes kan op die dek area bedien word in die skaduwee van die ou Eik- en Geelhoutbome of in die Carriages Pub. Die Carriages is ‘n tradisionele Engelse styl kroeg waar drankies (of koffie) geniet kan word of selfs om sport te kyk. Die restaurant en kroeg is oop vir die publiek!

Dorp: George

Tipe Akkommodasie: Hotel

 

 

Kontak by:

Tel No: 044 889 0120

Adres: N2 Snelweg, Kraaibosch, George (net na die Victoriabaai afrit oppad na Wilderness) of

Doen navraag per epos