Eagles Nest

Eagles Nest Vakansieoord aan die Tuinroete

Eagles Nest is ‘n vakansieoord in die hartjie van die Tuinroete in die Weskaap. Hierdie oord is geleë langs die N2-roete tussen Port Elizabeth en Kaapstad, sowat 11.5 km vanaf Wildernis en 10 km vanaf Sedgefield. Eagles Nest wat geleë is op ‘n heuwel, kyk uit oor die Outeniquaberge en mere en bied ‘n rustige atmosfeer met panoramiese uitsigte. Dit is ook ‘n voëlkykers-paradys en hier sal jy beslis die geroep van die Visarend hoor – ook bekend as die stem van Afrika.

Sedgefield Vakansieakkommodasie

Die akkommodasie by Eagles Nest naby Sedgefield is perfek vir ‘n wegbreeknaweek, ‘n vakansie, romantiese wegbreek of ‘n handelsreisiger wat op soek is na ‘n rustige oasis na ‘n bedrywige dag by die werk. Behalwe vir die ongelooflike uitsigte en ryk voëllewe, kan die besoeker ontspan in die ontspanningslokaal deur potspel of tafeltennis te speel.’n Groot pluspunt is ook die verhitte swembad.

Selfsorg Akkommodasie by Eagles Nest, Sedgefield

Akkommodasie by Eagles Nest naby Sedgefield bied ruim goed toegeruste chalets wat vier tot ses persone kan akkommodeer. Twee wittebrood-suites met jacuzzi’s is ook beskikbaar.

Sedgefield Huwelikskapel en Funksielokaal

Eagles Nest is die perfekte lokaal vir troues en ander funksies. Die kapel is geleë in ‘n prentjie mooi tuin met uitsigte oor Rondevleimeer naby Sedgefield. Die banketfasiliteite is ideal vir ‘n intieme troues, jaareindfunksies, konferensies, spanbou, jeugsaamkomste of herdenkingsgeleenthede.

Dorp: Sedgefield

Tipe Akkommodasie: Selfsorg

Kontak by:

Tel No:+27 (0) 84 500 6054

Adres: Eagles Nest, N2, tussen Wilderness en Sedgefield

of

Doen navraag per epos

  • 6 Slaaper Chalets – 2 Slaapkamers. 1 dubbel bed in die hoof slaapkamer en twee enkel beddens in die tweede kamer, asook ‘n slaapbank in die leefarea
  • Wittebrood Suite (2 slaaper) – 1 Slaapkamer met dubbel bed en Jacuzzi

Al die kamers het en-suite badkamers, behalwe chalet nommer 2. Elke chalet het ‘n kombuis met oopplan sit/eetkamer. Privaat binne en buite braaigeriewe is ook beskikbaar. Ander geriewe sluit die volgende in:

  • Oond
  • Mikrogolfoond
  • Yskas
  • Kettel
  • Broodrooster
  • Dakwaaier in sekere chalets
  • Verwarmer
  • Daaglikse skoonmaakdiens behalwe Sondae en publieke vakansiedae.
  • TV met geselekteerde DSTV kanale

Akkommodasie tariewe vir 2016

  • Vanaf R650 per nag vir ‘n twee slaaper (buite seisoen)
  • Vanaf R900 per nag vir ‘n 6 slaaper (buite seisoen)
  • R2 500 per nag vir ‘n twee slaaper (hoog seisoen)
  • R2 850 per nag vir ‘n ses slaaper (hoog seisoen)