Vakansieoord tussen George en Mosselbaai aan die Tuinroete

Dwarswegstrandoord is ‘n vakansieoord naby Groot Brakrivier en is gelee tussen George en Mosselbaai aan die Tuinroete.

Hier kan jy kan ontspan in die rustige atmosfeer en jy het direkte toegang tot die straand met sy lang sandstrand. Toegang tot die Oord word gekontroleer om jou veiligheid te verseker.

Karavaanpark in Dwarswegstrand naby Groot Brakrivier

Die 3 ster seefront karavaanpark in Dwarswegstrand naby Groot Brakrivier aan die Tuinroete bied 34 kampeerplekke. Al die kampeerplekke is op gras, het braaigeriewe en elektrisiteitspunte. Kampeerders sal ‘n toegangskode ontvang vir die skoon en moderne ablusiegeriewe. Daar is ook wasserye met wasmasjiene en strykplanke.

Die oord bied ook selfsorg akkommodasie in 13 woonstelle en 11 huise.

Kontakbesonderhede:

  • Tel No: 044 879 1010
  • Adres: Dwarswegstrandoord, Dwarswegstrand, Groot Brakrivier, Mosselbaai

 

Doen navraag per epos

Tariewe:Tariewe Per Nag – Geldig tot 28 Feb 2019

Laag Seisoen: 10 April tot 22 Junie | 17 Julie tot 29 September

  • Kampeerplekke / Seefront (Maks 6 persone): R212 per perseel, 4 persone R75 per ekstra persoon
  • Kampplekke / Nie-Seefront (Maks 6 persone): R192 per perseel, 4 persone R75 per ekstra persoon

Mid seisoen: 1 Maart tot 09 April | 23 Junie tot 16 Julie | 30 September tot 12 Desember | 9 Januarie tot 28 Februarie 2019

  • Kampeerplekke / Seefront (Maks 6 persone): R287 per staanplek, 4 persone R80 per ekstra persoon
  • Kampeerplekke / Nie-Seefront (Maks 6 persone): R247 per perseel, 4 persone R80 per ekstra persoon

Paasnaweek: 30 Maart tot 2 April 2018 (gedurende April Skoolvakansies)

  •  Kampeerplekke / Seefront (Maks 6 persone): R360 per staanplek, 4 persone R120 per ekstra persoon
  • Kampplekke / Nie-Seefront (Maks 6 persone): R310 per perseel, 4 persone R120 per ekstra persoon

Hoë seisoen: 12 Desember 2017 tot 14 Januarie 2018

  • Kampeerplekke / Seefront (Maks 6 persone):
    Blok1 – 17 Des tot 26 Des 2018 = R7083 (R787)
    Blok 2 – 26 Des 2018 tot 04 Jan 2019 = R7083 (R787)
  • Kampeerplekke / Nie-Seefront (Maks 6 persone):
    Blok1 – 17 Des tot 26 Des 2018 = R5814 (R646)
    Blok 2 – 26 Des 2018 tot 04 Jan 2019 = R5814 (R646)
    (Let wel: Hoogseisoen Die kampplek is vir 4 persone. R120 is koste per ekstra persone tot ‘n maksimum van 6 persone per perseel)

  • Spesiale tariewe vir Woonwaklubs en skoolgroepe
  • Weeklikse en Maandelikse tariewe beskikbaar
  • Afslag vir Pensioenarisse en SAOU Lede