Dream Makings

Mosselbaai Selfsorg Akkommodasie

Dream Makings is ‘n moderne selfsorg vakansie bestemming in Mosselbaai en bied ‘n asemrowende seeuitsig oor Santos, De Bakke en Mosselbaai. Geniet pragtige tonele van sonsopkoms en sonsondergang vanaf die patio. Dream Makings bied 4 nuut oorgedoende eenhede wat almal goed toegerus is vir ‘n gerieflike verblyf in Mosselbaai.

Vakansie Akkommodasie in Mosselbaai

Dream Makings selfsorg eenhede in Mosselbaai is ideal as vakansieverblyf vir beide families en paartjies wat opsoek is na ‘n rustige wegbreek van die besige elke dag se bestaan. Of jy nou opsoek is na ‘n lang naweek of langer verblyf, die gerieflike eenhede is goed toegerus en bied elk gratis Wi-Fi en ‘n Smart TV.

Selfsorg Eenhede in Mosselbaai

Die vier eenhede van Dream Makings in Mosselbaai is sentraal geleë. Verken die area hiervandaan. Daar is verskeie aktiwiteite, attraksies, restaurante en inkopiesentrums in ‘n 100km radius vanaf Dream Makings.
Vir ‘n onvergeetlike verblyf in Mosselbaai is dit raadsaam om vroegtydig te bespreek om teleurstelling te voorkom.

Dorp: Mosselbaai

Tipe Akkommodasie: Selfsorg

Uitsig: See

Slaap: 2

Tarief: Per Dag vir Woonstel

Buite Seisoen: R 950.00

Hoe Seisoen: R 1950.00

Kontak by:

Sel.No. 082 468 6269 of

Doen navraag per epos

Slaapkamer Uitleg van Dream Makings:

  • Eenheid 1: Oopplan Eenheid met seeuitsig. – Slaap slegs 2 volwassenes
    Oopplan met Koningin grootte bed en ‘n slaapbank.
    Badkamer met stort
  • Eenheid 2: 1 Slaapkamer Eenheid met seeuitsig. – Slaap slegs 2 volwassenes
    1 Koningin grootte bed, en-suite badkamer met stort
    Slaapbank in die leefarea/ kombuis
  • Eenheid 3: Oopplan Eenheid. – Slaap 2 volwassenes en 2 kinders
    1 Koningin grootte bed en 2 slaapbanke
    Badkamer met stort
  • Eenheid 4: 1 Slaapkamer Eenheid met seeuitsig. – Slaap 2 volwassenes en 2 kinders
    1 Koningin grootte bed en 2 slaapbanke in leefarea
    Badkamer met stort

Dream Makings Eenhede is toegerus met die volgende:

Al vier die eenhede is toegerus vir ‘n gerieflike verblyf. Die eenhede het elke ‘n kombuis met yskas/vrieskas, mikrogolfoond en ‘n snappy chef. Op die patio is ‘n gasbraaier. Smart TV, gratis Wi-Fi. Linne en bad/gaste handdoeke word verskaf. Bring asb u eie strandhanddoeke. Veilige parkering op die eiendom. Die naaste swemstrande is De Bakke, Santos en Diasstrand.

Tariewe van Dream Makings:

  • In Seisoen: R1950 per eenheid per nag. Minimum van 10 nagte
  • Buite Seisoen: R950 per eenheid per nag. Minimum van 4 nagte