Dolfyntjie Akkommodasie

Selfsorg Akkommodasie by De Bakke Mosselbaai

Dolfyntjie Akkommodasie in Mosselbaai is ‘n dubbelverdieping selfsorg huis met ongelooflike uitsig oor die baai. Die eerste vloer eenheid en ‘n aparte woonstel is beskikbaar as selfsorg akkommodasie. Die huis is geleë by De Bakke, slegs ‘n paar kilometer na Mosselbaai se sakekern en hoof swemstrand by Santos.

Mosselbaai Selfsorg Akkommodasie

Dolfyntjie Akkommodasie is ‘n ten volle toegeruste selfsorg dubbelverdieping huis wat toegerus is met die noodsaaklike toerusting en geriewe vir ‘n gerieflike verblyf.

Die eerste vloer eenheid met ‘n aparte ingang bied 3 slaapkamers, ‘n ten volle toegeruste kombuis, groot leefarea met ‘n slaapbank, asook ‘n balkon met asemrowende uitsig. Gaste kan op die balkon braai op ‘n draagbare braai. Linne en beddegoed word verskaf, bring net eie handdoeke.

Beide eenhede het vol DSTv en ‘n aparte alarmstelsel vir elke eenheid. Parkering vir een voertuig in ‘n motorhuis is beskikbaar.

‘n Aparte woonstel is beskikbaar en kan tot 6 persone huisves.

Dorp: Mosselbaai

Tipe Akkommodasie: Selfsorg

Uitsig: See

Tarief: Per Dag per Eenheid

Sien Tariewe onderaan lysting uiteengesit

Kontak Fanie by:

Sel.No. 082 499 3983 of

Doen navraag per epos

Slaapkameruitleg van Dolfyntjie Akkommodasie

  • Eerste vloer eenheid (slaap 9)
    Kamer 1: Dubbel Bed
    Kamer 2: 2 Enkel beddens
    Kamer 3: Dubbel bed
    Kamer 4: Enkel Bed met toilet, stort en wasbak
    Slaapbank in die Leefarea slaap 2.
    Vol badkamer met bad en stort en is toeganklik deur kamer 3
  • Woonstel (Eerste vloer) (slaap 6)
    Kamer 1: Dubbel Bed en ‘n stapel Bed
    Kamer 2: Stapel Bed
    Badkamer met stort
    Leefarea met vol DSTv en alarmstelsel.

Tariewe vir Dolfyntjie Akkommodasie

  • Eerste vloer eenheid (Slaap 9)
    Hoog Seisoen: R1200 per dag
    Buite Seisoen: R500 per dag
  • Woonstel: Eerste vloer (Slaap 6)
    Hoog Seisoen: R1000 per dag
    Buite Seisoen: R500 per dag
  • Oornag Akkommodasie – net slaap – R200 per persoon per nag
    Tariewe vir selfsorg akkommodasie sluit krag en waterverbruik in.