Bergsig Gasteplaas

Gasteplaas naby Hartenbos

Bergsig Gasteplaas is slegs 7 kilometer vanaf Hartenbos oppad na Oudtshoorn geleë. Wild besigtigingsritte word op hierdie gewilde gasteplaas aangebied asook jag-ekspedisies, en “quad bike” ritte op die meer as 5 000 hektaar plaas. Bergsig Gasteplaas bied ongelooflike natuurskoon wat wissel van grasvlaktes na berge, valleie, savanna en bosveldlandskappe.

Privaat Selfsorg Akkommodasie op Gasteplaas naby Hartenbos

Bergsig Gasteplaas bied gerieflike selfsorg akkommodasie naby Hartenbos. Al die eenhede is ten volle toegerus en het braaigeriewe. ‘n Oopplan kombuis/sitkamer loop uit op ‘n dek. Die eenhede kyk uit op die Hartenbosrivier en het almal en-suite badkamers.

Dorp: Hartenbos

Tipe Akkommodasie: Selfsorg

 

 

Kontak:

Tel No: 044 695 1660

Sel No: 083 275 7063 / 073 935 8065

Adres: 7km vanaf Hartenbos en-route na Oudtshoorn

Doen navraag per epos

Die volgende eenhede is beskikbaar:

  • Giraffe eenheid – Slaap 2 volwassenes en 2 kinders, een slaapkamer, slaapbank vir kinders
  • African Buffalo eenheid – Slaap 2 volwassenes en 2 kinders, een slaapkamer, slaapbank vir kinders
  • White Rhino Familie eenheid – Slaap 5, twee slaapkamers, ekstra enkelbed in leefarea.
  • Mountain Zebra Wittebrood Suite – Slaap 2, met die opsie om die kamer langsaan (Black Impala) by te huur
  • Black Impala kamer – Slaap 2 en deel die kombuis met die wittebrood suite.
  • Hartenbos Rivier Loft – Slaap 4 volwassenes en 4 kinders – 1 km vanaf Hartenbos