Barons Palace Oudtshoorn

Hotel in Oudtshoorn

Die Barons Palace Hotel in Oudtshoorn bied bekostigbare hotel akkommodasie aan besoekers. Die hotel is gebou deur ‘n welgestelde Volstruis Baron. Die hotel spog met hoe plafonne, ornamentele kaggels en oorspronklike vertoonkaste met volstruispluime. ‘n Mens kan jou net indink hoe hoog geplaastes daar onthaal is in die groot ontvangslokale en groot verandas toe die volstruis bedryf nog gefloreer het.

Verblyf in Oudtshoorn

Verblyf by die Baron’s Palace Hotel is beskikbaar in 24 luukse en-suite-slaapkamers wat uitloop op ‘n sonnige binnehof area. Elke kamer het ‘n privaat ingang met Franse deure wat lei na die swembad. Die oorspronklike hotel bied ruim Victoriaanse kamers, bestaande uit ‘n wittebroodsuite, ‘n familie kamer asook en kamers vir twee persone

 

Bekostigbare Akkommodasie in Oudtshoorn

Die Barons Palace Hotel in Oudtshoorn is naby die winkels, museums, restaurant en banke. Die privaatheid, gerief en bekostigbaarheid van die akkommodasie maak dit geskik vir oornagakkommodasie vir besigheidsreisigers, vakansiegangers en toeriste. Die hotel het sy eie restaurant wat ontbyt bedien asook middag en aandetes op aanvraag.

Huweliksonthale en Konferensiegeriewe in Oudtshoorn

Die hotel is goed toegerus vir huweliksonthale, konferensies en ander spesiale funksies. Die groot funksiesaal is geskik vir huweliksonthale, partytjies en ander funksies. Die konferensiekamer het lugverkoeling en kan tussen 30 en 120 persone akkommodeer.

Verwysingsnommer: 0686

Naam: Barons Palace Hotel

Dorp: Oudtshoorn

Tipe Akkommodasie: Hotelle

Tariewe: Sien tariewe onder Akkommodasie opsies onderaan die blasy

Kontak by:

Tel No: 044 279 1727 of

Doen navraag per epos

Barons Palace Hotel is toegerus met die volgende:

In die kamers:
• Kleur TV
• Verwarmers
• Waaiers
• Tee en koffie fasiliteite

Algemeen:

• Swembad
• Restaurant
• Kroeg
• Konferensie en funksie fasiliteite
• Slotmasjiene
• Veilige parkering
• Nie rook kamers
• Strykyster en strykplank en haardroeërs beskikbaar by ontvangs
• Baba-oppasdienste beskikbaar

Akkommodasie tariewe

  • Enkel: R710.00 per nag
  • Dubbel: R1020.00 per nag
  • Skool groepe – pryse op aanvraag