Bamboo Selfsorg Akkommodasie

Oornag en Vakansie Akkommodasie in George

Bamboo Selfsorg Akkommodasie bied oornag en vakansie verblyf in George. Die akkommodasie is sentraal geleë en is ideal vir beide sakemanne en vakansiegangers. Daar is 4 verskillende eenhede beskikbaar wat stylvolle en gerieflike tog bekostigbare akkommodasie beid.

Selfsorg Verblyf in George

Vier aparte selfsorgeenhede bied akkommodasie met moderne geriewe en fasiliteite om gerieflike verblyf in George in die Tuinroete te verseker! Die hoof huis bied 4 slaapkamers, ‘n sitkamer en groot kombuis. Daar is ook ‘n een slaapkamer en twee identiese twee slaapkamer woonstelle beskikbaar. Die hoofhuis en 3 woonstelle kan afsonderlik of saam gehuur word. Alle eenhede het veiligheidshekke, hul eie braai geriewe en veilige parkering.

Bekostigbare Akkommodasie in George

Geniet die gemak en luuksheid van Bamboo Selfsorg Akkommodasie in George. Akkommodasie is beskibaar teen bekostigbare pryse wat jou sak sal pas. Alle selfsorgeenhede by Bamboo Selfsorg Akkommodasie sal daagliks gediens word van Maandae tot Vrydae, openbare vakansiedae uitgesluit

Verwysingsnommer: 1049

Dorp: George

Tipe Akkommodasie: Selfsorg

Tariewe:

Per Persoon Per Nag – Kinders onder 10 jaar bly gratis

Februarie tot Oktober: R350 per persoon wat deel

November, Desember & Januarie: R400 per persoon wat deel

Kontakbesonderhede:

Lola: 082 898 9752
Johan: 072 588 1382
Adres: Bamboostraat 7, George  of

Doen navraag per epos

Eenheid uitleg:

• Eenheid 1 – Hoofhuis

Sitkamer met volle DSTV, Ten volle toegeruste kombuis, Braai area met ingeboude braai, Potjiekosbraai, Tuinmeubels, Onderdak parkering en elektriese toegangs hek na die eiendom.

– 4 Slaapkamers
1) 1 x Dubbelbed, en-suite badkamer met bad en stort
2) 1 x Dubbelbed, deel badkamer met bad en handstort en aparte toilet
3) 2 x Enkelbeddens, deel badkamer met bad en handstort en aparte toilet
4) 2 x Enkelbeddens, deel badkamer met bad en handstort en aparte toilet

• Eenheid 2 – Een Slaapkamer eenheid

Sit/Eetkamer met volel DSTV, Aparte kombuis met 4 plaat stoof, Onderdak braai, Potjiekosbraai , Tuinmeubels, Onderdak parkering, Veiligheidshekke en elektriese toegangs hek na die eiendom.
– 1 Slaapkamer
1 x dubbelbed, aantrekkamer en aparte badkamer met bad en handstort

• Eenhede 3 en 4 – 2 Slaapkamer eenhede

Oopplan sitkamer/kombuis met volle DSTV, Kombuis met 4 plaat stoof, Onderdak braai, Potjiekosbraai , Tuinmeubels, Onderdak parkering, Veiligheidshekke en elektriese toegangs hek na die eiendom.
– 2 Slaapkamers
1) 1 x Dubbelbed, deel ‘n badkamer bad, stort en aparte toilet
2) 2 x Enkelbeddens, deel ‘n badkamer bad, stort en aparte toilet

Beskikbaarheid:

Ons is slegs ‘n e-pos ver. Gebruik asseblief die navraagvorm op die bladsy of kontak ons telefonies en gebruik “Lalakoi Webblad” as u verwysing.