8 Slaaper Woonhuis te Huur by Tergniet, Groot Brakriver

Vakansieakkommodasie word aangebied by hierdie gerieflike huis met 180 grade seeuitsig vir ‘n maksimum van 8 persone.
Omtrent 200 meter van die huis af is ‘n getypoel vir die kleinspan en die naaste swemstrand is by Klein-Brakriviermond.
Geniet die uitsig oor die baai en sien walvisse en dolfyne baljaar in die see.
Hartenbos en Mosselbaai is sowat 14 km van hier af en die ander kusdorpe is naby gelee.

Die grondvloer van die huis bied ‘n ingangsportaal, sitkamer, eetkamer, kombuis/waskamer,
hoof-slaapkamer met vol en-suite badkamer en ‘n badkamer met stort en aparte toilet.

Bo is daar’n sitkamer 2 slaapkamers,
‘n vol badkamer en ‘n balkon met seeuitsig en ‘n sondek wat noord
front.
Daar is 3 motorhuis waarvan 2 beskikbaar sal wees. Gaste moet asseblief hul eie strandhanddoeke bring
en u word versoek om slegs buite te rook. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

‘n Terugbetaalbare breekskade deposito van een dag se huur word verlang en is betaalbaar ‘n paar dae voor u aankoms. Die
deposito sal terugbetaal word binne 14 dae nadat u vertrek het as niks gebreek of beskadig is nie.

Verwysingsnommer: 1140
Dorp: Tergniet, Groot Brakriver
Tipe Akkommodasie: Selfsorg
Uitsig: Seeuitsig
Slaap: 8
Tariewe: Per Dag vir 8 Persone
Lae seisoen: R 0.00
Mid seisoen: R 0.00
Hoog seisoen: R 2200.00
Afstand see toe: 200 meter

Beskikbaarheid:
Vol bespreek vir Desember 2019 / Januarie 2020

Kontak Me. Lee Hinds by 083 769 1990

Bespreek vir die volgende tye:

Doen navraag per epos

Die Huis is toegerus met die volgende:

  • Linne
  • Parkeer op die erf
  • 2 van die 3 Motorhuise is beskikbaar
  • 2 Kleur Televisies
  • Vol DSTV
  • DSTV speler
  • Sondek
  • Trappe
  • Elektriese Stoof
  • Gasoond
  • Mikrogolfoond
  • Yskas/Vrieskas
  • Automatiese Wasmasjien
  • Skottelgoedwasser
  • Kistipe Vrieskas in motorhuis
  • Bad en Gaste handdoeke
  • Kroegyskas
  • Patiomeubels
  • Buite toilet
  • Weberbraai

Slaapkameruitleg:

  • Slaap 8, 3 Slaapkamers, 2.5 badkamers.
  • Kamer 1 (onder): 1 x Dubbel bed met en-suite vol badkamer
  • (Onder) – Badkamer met stort, wasbak en aparte toilet
  • Kamer 2:(Bo) 1 x Koningin grootte bed & 1 Enkelbed – en-suite vol badkamer

Kamer 3:(Bo) 1 x Koningin grootte bed

Die woonhuis is bespreek vir die volgende tye: