6 Slaaper Vakansiehuis te Huur in Fraaiuitsig, Klein Brakrivier

Fraaiuitsig Vakansiehuis te Huur

Hierdie netjiese vakansiehuis in Fraaiuitsig, Klein Brakrivier bied akkommodasie aan ‘n maksimum van 6 persone. Die naaste swemstrand is by Klein Brakriviermond sowat 5 km van die huis af. Hartenbos en Mosselbaai is omtrent 10 tot 15 minute se ry van Fraaiuitsig af.

Die huis bied ‘n oopplan sitkamer/eetkamer/kombuis, 2 slaapkamers en ‘n badkamer en ‘n aparte toilet.

Daar is ‘n buitebraai agter die huis wat beskut is. Geen troeteldiere word ongelukkig toegelaat nie. Rook asseblief slegs buite. Huurders moet hul eie dekodeerder en kaart bring vir DSTV of die eienaar sal DSTV aansluit @ R30 per dag additioneel. Daar is ‘n koopkragmeter en die krag is vir die huurder se eie rekening.

Verwysingsnommer: 0289

Dorp: Fraaiuitsig/Klein Brakrivier

Tipe: Selfsorg

Uitsig: Berguitsig

Slaap: 6

Tariewe: Per Dag vir die Huis

Lae seisoen: R 750.00

Midseisoen: R 750.00

Hoogseisoen: R 1400.00

Afstand see toe: 4 km

Seisoene:
Lae seisoen – 1 Mei tot einde Augustus
Mid seisoen – Res van die jaar
Hoog seisoen – Desember skoolvakansie

Kontak Mannetjie le Roux:

Sel No: 082 566 7878

of

Doen navraag per epos

Die huis is toegerus met die volgende:

  • Linne
  • Geboude Buite Braai
  • 1 Kleur Televisie
  • CD Speler
  • DVD Speler
  • Elektriese Stoof
  • Yskas/Vrieskas
  • Mikrogolfoond
  • Skottelgoedwasser
  • Tuinmeubels

Slaapkameruitleg:

  • Slaap 6, 2 Slaapkamers, 1 Badkamer – Bad, stort en aparte toilet
  • Kamer 1: 1 x Dubbelbed
  • Kamer 2: 2 x Enkelbeddens
  • 1 x Dubbel slaapbank in sitkamer

Beskikbaarheid:

  • Beskikbaar reg deur die jaar vir ‘n minimum van 7 nagte. In Desember word ‘n minimum van 10 nagte bespreking verlang.

Bespreek vir die volgende tye:

  • Beskikbaar reg deur die jaar
  • Bespreek van 20/12/2019 – 05/01/2020