6 Slaaper Familiewoonhuis te huur by Groot-Brakrivier

Vakansieakkommodasie word aangebied by hierdie gerieflike familiewoning op die Gholflandgoed by Groot-Brakrivier vir 6 tot 8 persone. Indien verlang kan nog 2 persone gehuisves word. Die studeerkamer sal dan ingeruim word vir die 2 ekstra persone @ R150 per person per dag. Die woning is sowat 3km van die middedorp van Groot-Brakriver af en sowat 1km van die strandmeer by Island Lake. Mosselbaai is omtrent 25 km van Groot-Brakriver af.

Die huis het 3 slaapkamers, ‘n studeerkamer, Sitkamer/Eetkamer/Kombuis, 2 vol badkamers en ‘n binnebraai/onthaalvertrek.

Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie en u word versoek om slegs buite te rook. Bring asseblief u eie strandhanddoeke & badhanddoeke.

Die huis het koopkrag en die eienaar sal 25 eenhede per dag voorsien. As julle meer sou benodig sal dit vir jul eie rekening wees.

Verwysingsnommer: 0693

Dorp: Groot-Brakrivier/ Dolphins Creek Gholflandgoed

Tipe Akkommodasie: Selfsorg

Uitsig: Tuin en Gholfbaan

Slaap: 6 – 8

Tariewe: Per Dag

Hoog seisoen: R 2500.00 vir 6 persone

Hoog seisoen: R 3000.00 vir 8 persone

Afstand see toe: 1000 meter

Kontak Mari by:

Tel. No. 044 620 2219

Sel. No. 082 976 0115 of

Doen navraag per epos

Die Huis is toegerus met die volgende:]

  • Linne en beddegoed
  • Parkeer op die erf
  • Dubbel Motorhuis
  • Alarmstelsel
  • Binnebraai
  • 4 Kleur Televisies
  • CD Speler
  • DSTV
  • 4 DVD Spelers
  • Stoof
  • Mikrogolfoond
  • Yskas/Vrieskas
  • Wasmasjien
  • Elektriese Braaipan
  • Skottelgoedwasser
    Vrieskas

Slaapkameruitleg:

  • Slaap 6, 3 Slaapkamers, 2 vol badkamers.
  • Kamer 1: 1 x Konings grootte bed – en-suite vol badkamer
  • Kamer 2: 1 x Koningin grootte bed
  • Kamer 3: 1 x Stapelbed
  • Kamer 4 – opsioneel (twee enkelbeddens)

Beskikbaarheid:

  • Slegs beskikbaar gedurende Desember/Januarie . 14 minimum dae bespreking verlang.

Bespreek vir die volgende tye: