4 Slaapkamer vakansie-meenthuis in St Blaize Kompleks Mosselbaai

Vakansieakkommodasie in Mosselbaai

Hierdie gerieflike 4 slaapkamer meenthuis is geleë in St Blaize Kompleks en het ‘n pragtige see-uitsig vanaf die hoof slaapkamer en leefarea.
Geleë langs die die St Blaize wandelroete en is 10 minute se stap van die getypoele van die Poort by die Punt. Kom ontspan hier in die stylvolle akkommodasie en geniet die geluide van die see en die rustige atmosfeer.

Daar is ‘n ruim leefarea, eetkamer, kombuis, braaikamer, 4 slaapkamers, 2 badkamers, enkel motorhuis, asook onderdak parkering. Daar is ook ‘n privaat binne tuin.

Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie. Die gaste word versoek om nie in die huis te rook nie. Vol DStv is beskikbaar.
Bring asseblief eie strandhanddoeke.

Verwysingsnommer: 0599
Dorp: Mosselbaai
Tipe Akkommodasie : Selfsorg Akkommodasie
Uitsig: See
Slaap: makismum 8
Tarief: Per Dag vir meenthuis
Lae Seisoen: R 2400.00
Mid Seisoen: R 2400.00
Hoë Seisone: R 3600.00
Spesiale tarief by navraag vir 2 tot 6 persone tydens lae en mid seisoen.

Afstand na See: Ongeveer 50 meter van rotse en 10 minute se stap via die St Blaize wandelroete na die getypoele van die Poort by die Punt.

Kontak eienaar – Me. Wilma Pienaar 084 572 8031

Kontak Wilma by:

Sel No: 084 572 8031 of

Doen navraag per epos

Die meenthuis is toegerus met die volgende:

  • Bedlinne
  • Badhanddoeke
  • Enkel Motorhuis
  • Onderdak parkering
  • Ingeboude Braai in braaikamer
  • Kleur TV en Dekodeerder
  • Vol DSTV
  • Yskas/ Vrieskas
  • Mikrogolfoond
  • Automatiese Wasmasjien
  • Tuimeldroeër
  • Skottelgoedwasmasjien
  • Gas Stoof
  • Elektriese oond
  • Breekgoed
  • Kook en Eetgerei

Kameruitleg:

  • Slaap: 8 Badkamers: 2
  • Eerste Slaapkamer: 1 Koningin grootte bed met en-suite Badkamer
  • Tweede Slaapkamer: 1 Koningin grootte bed
  • Derde kamer: 1 Dubbel bed
  • Vierde kamer: 1 Stapel bed geskik vir kinders

Beskikbaarheid van meenthuis:

  • Die meenthuis is beskikbaar reg deur die jaar- ‘n minimum van 3 dae bespreking word verlang.
  • ‘n Minimum van 14 dae bespreking word benodig in Desember/ Januarie vir die eerste bespreking. Daarna sal die eienaar korter besprekings oorweeg.

Is reeds bespreek vir die volgende Datums:

  • 30 Januarie 2019    – 1 April 2019
  • 27 Desember 2019 – 1 April 2020