2 Slaapkamer Woonstel in Hartenbos

Selfsorg Akkommodasie in Hartenbos

Hierdie moderne grondvloer woonstel is geleë in die Innikolkompleks in Hartenbos. Die woonstel is sowat 1,500m van die Langeberg Mall en 2,1km van die see by Hartenbos en by Bayview. ‘n Maksimum van 4 persone kan gehuisves word.

Hartenbos Akkommodasie

Die woonstel het 2 slaapkamers, 1 badkamer, oopplan sitkamer/kombuis en ‘n geboude braai op die stoep. Huurders moet asseblief hul eie dekodeerder bring vir DSTV, anders sal daar net oop kanale wees. Daar word ongelukkig geen troeteldiere toegelaat in die kompleks nie, en huurders word versoek om slegs buite te rook. Daar is ‘n wasmasjien nie. Huurders moet ook asseblief hul eie braairooster en swem handdoeke saambring. Die woonstel het ‘n koopkragmeter en die eienaar sal 25 eenhede voorafbetaalde krag per dag in die meter los vir die duur van die bespreking. Indien die huurder meer benodig, sal dit vir sy eie rekening wees.

Verwysingsnommer: 0965

Dorp: Hartenbos

Tipe Akkommodasie: Selfsorg

Slaap: 4

Tarief: Per Dag vir Woonstel

Lae seisoen: R 0.00

Mid seisoen: R 000

Hoog seisoen: R 1065.00

Afstand see toe: 2100 meter

Kontak Jenny by:

Tel. No. 044 695 1559

sell. 082 859 7184 of

Doen navraag per epos

Die woonstel is toegerus met die volgende:

  • Linne
  • Geboude braai
  • DSTV
  • Kleur Televisie
  • DVD speler
  • Elektriese stoof
  • Mikrogolfoond
  • Yskas/vrieskas
  • Wasmasjien
  • Bad en gaste handdoeke
  • Eetgerei en kookrerei

Slaapkameruitleg
Slaap 4, 2 Slaapkamers, Badkamer met bad & handstort.

  • Kamer 1: 1 x Koningin grootte bed – ekstra lengte 
  • Kamer 2: 2 x Enkelbeddens

Beskikbaarheid

  • Gedurende die hoog seisoen ‘n minimum van 14 dae vir die eerste bespreking, daarna sal korter besprekings oorweeg word.

Die woonstel is bespreek vir die volgende tye:

  • Bespreek tot einde November 2014
  • 21/12/2014 tot 03/01/2015 – bespreek
  • Nie beskikbaar deur die jaar – 2015